Browsing by Author "Coetzee, Caroline"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemNaivety as an aesthetic factor in Gustav Mahler's Wunderhorn songs(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1997-12) Coetzee, Caroline; Ludemann, Winfried; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Music.AFRIKAANSE OPSOMMING:Hierdie tesif ondersoek die estetiese begrip nai"witeit met spesifieke verwysing na die Wunderllc:-n-t...;•r.••:ngs van Gustav Mahler. Die term nai'witr .L kom dikwels in die vroee literatwJr : '1r Mahler voor, trouens, Mahler het die term ook self gebruik. Vir die hedendaagse waarnemer is dit nie meer onmiddellik duidelik wat met hierdie term bedoel word nie. Die bekende aanwending daarvan op die terrein van die beeldende kuns is in die verband van beperkte waarde. Daarom word daar in hierdie tesis gepoog om die term in sy historiese konteks tot so ver terug as die sewentiende en agtiende eeu te verstaan. Dit blyk dat Schiller die belangrikste bydrae tot die onderwerp gelewer het, trouens, hy het die term tot 'n belangrike estetiese begrip ontwikkel in sy Ober naive und sentimentalische Dichtung. Verder word Des Knaben Wunderhorn, die belangrikste versameling van Duitse volkspoesie, in die konteks van die intellektuele klimaat van die vroee Duitse Romantiek geplaas. Mahler se "ontdekking" van die versameling en sy groot belangstelling in volksmusiek word ook ondr die loep geneem. Die hoofdeel van die tesis ondersoek die vraag in watter mate die begrip, soos deur Schiller ontwikkel, op die musiek en dan spesifiek op Mahler se toonsettings van Wunderhorn-tekste toegepas kan word. Dit word aangetoon dat die begrip in 'n algemene sin aangewend kan word op voorbeelde van natuurklanke, kindermusiek en volksmusiek. Hierdie voorbeelde het alma! 'n sterk invloed op Mahler en word in sy Wunderhorn-styl ge'integreer saam met 'n baie persoonlike benadering tot realisme, insluitende sulke middele soos die nabootsing van nie-musikale klanke, ruimtelike beweging, spraakintonasie en emosies of "innerlike natuur". Mahler se idee van musiek as 'n atbeeld van die natuur of van die struktuur van die wereld as geheel word ook bespreek. Vervolgens word hierdie kenmerke op uitgebreide wyse aan die hand van voorbeelde uit die toonsettings self gei'llustreer. Laastens word al die bevindings tot 'n omvangryke reeks gevolgtrekkings saamgevoeg.