Doctoral Degrees (History)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (History) by Author "Giliomee, Hermann Buhr,1938-"
Now showing 1 - 2 of 2
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie historiese ontwikkeling van die Onder-Olifantsrivier, 1660-1902 : 'n geskiedenis van die distrik Vanrhynsdorp(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1966) Scholtz, Philippus Lodewikus; Giliomee, Hermann Buhr,1938-; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Department of History.AFRIKAANSE OPSOMMING: Skrywer het aanvanklik beplan om rekenskap te probeer gee van die historiese stroom in die Wes-Kaaplandse kusvlakte, tussen die Olifants- en die Oranjerivier gedurende die negentiende eeu. Hiervan moes afgesien word, omdat dit alras geblyk het dat die opset en omlyning van so 'n onderwerp, die afbakening van die gebiedsterrein en die omvang van die bronne, probleme van 'n ongewone aard sou oplewer. Genoemde en ander oorwegings het daartoe gelei dat die geografiese terrein beperk is tot die veldkornetskap Onder-Olifantsrivier (ook genoem die Mond van Olifantsrivier, Onder-Kompanjiesdrif, die wyk Troe-Troe en die distrik Vanrhynsdorp; laasgenoemde sedert die end van die vorige eeu). Terselfdertyd is die tydvak dermate uitgebrei dat 'n historiese beeld van 'n Kaaplandse plattelandse distrik oor nagenoeg 'n kwart-millennium (1660 tot 1902) daargestel kon word. Die jaartal 1660 dagteken die aanvang van 'n sestal Hollandse ontdekkingsreise langs die Olifantsrivier af, reise wat daarop bereken was om die pad na die mitiese Vigiti Magna en die fabelagtige Monomotapa oop te slaan. Die einddatum van die proefskrif wat inderdaad ook die slot van 'n historiese drama in die Suid-Afrikaanse geskiedenis aandui, sluit in meer as een opsig die tydperk van stadige en vertraagde ontwikkeling in die Onder-Olifantsrivier finaal af.
- ItemDie Kaap tydens die eerste Britse bewind, 1795-1803(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1971-12) Giliomee, Hermann Buhr,1938-; Kotze, D. J.; Stellenbosch University. Faculty of Arts & Social Sciences. Dept. of History.INLEIDING: Teen die einde van die agtiende eeu het die Kaapkolonie se bevolking uit tussen 60 000 en 70 000 siele bestaan. Hiervan was ongeveer 22 000 Christene (van wie ongeveer 20 000 Blankes was), 25 000 slawe en 14 000 Hottentotte. ) Daarbenewens het ook onbekende getalle Boesmans en Bantoes hulle in die noordelike en oostelike dele van die kolonie onderskeidelik bevind. Teen 1795 was daar nog geen noordgrens vir die kolonie vasgestel nie.