Masters Degrees (Physiotherapy)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Physiotherapy) by Author "Bardin, Lynn Diane"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemA study to evaluate the effectiveness of a total back care programme for group rehabilitation of selected patients with chronic low back pain(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1998) Bardin, Lynn Diane; Irwin-Carruthers, S. H.; Stellenbosch University. Faculty of Medicine and Health Sciences. Dept. of Health & Rehabilitation Sciences. Physiotherapy.AFRIKAANSE OPSOMMING : Kroniese laer rugpyn (KLRP) is 'n algemene toestand geassosieer met gestremdheid, imperking van funksie en aktiwiteit, verlies aan produktiwiteit en aansienlike onkoste. Oefening-terapie is 'n algemene voorskrif vir die hantering van KLRP, maar is nog nie genoegsaam evalueer of as effektief bewys nie. Nuwe inligting dui daarop dat terapeutiese oefeninge wat spinale stabilisasie verbeter 'n belangrike komponent behoor te vorm in die hantering van KLRP. Opvoeding oor rugversorging word as belangrik beskou en tesame met 'n oefenprogram vorm dit die basis van 'n totale rugversorgingsprogram (TRVP) benadering. 'n Beskrywende voor-na studie is gebruik om die effektiewe van 'n TRVP te evalueer. Dertig (30) pasiente is gekies na aanleiding van spesifieke in- en uitsluitingskriteria en het deelgeneem aan oefeninge twee maal per week oor 'n vier-weke periode. Opsionele groep oefeninsklasse was hierna beskikbaar. Pasiente is ge-evalueer voor en na die TRVP, en na drie en ses maande. Subjektiewe metings het vier verskillende pyn skale, metings van gestremdheid, gebreklikheid, angstigheid en pasient tevredenheid ingesluit. Objektiewe metings het spinale fleksie, reguit been optel (RBO) en dinamiese lumbale stabiliteit ge-evalueer. Data is prospektief versamel oor een jaar en retrospektief geanaliseer met toepaslike statistiese ontledings. Subjektiewe verbetering is gevind in die torale groep soos gemeet deur verminderde pyn, verbetering in gestremdheid gemeet op die Roland-Morris skaal (56% op een maand en 80% op drie maande) en verminderde angstigheid. Gebreklikheid het betekenisvol verminder van 10,6 by basislyn tot 6,7 op een maand (p<0.01) en 4,6 by drie maanse (p<0.01). Pasienet tevredenheid was hoog geskat met 'n gemiddelde van 91%. Na deelname aan die TRVP het spinale fleksie verbeter tot 37% in vergelyking met die eerste metings en hierdie neiging het op drie en ses maande voortgeduur. RBO het min verandering en wisselende resultate getoon. Dinamiese lumbale stabiliteit het verbeter op een maand en behoue gebly op drie maande. Die TRVP wat in hierdie studie ondersoek is, blyk 'n effektiewe intervensie vir die groepsrehabilitasie van geselkteerde pasiente met KLRP te wees. Betekenisvolle voordele is getoon in metings van pyn, gestremheid, gebreklikheid en angstigheid sowel as verbetering in funksie. Interpretsie van die data word egter beperk deur die studie-ontwerp wat die randomiseerd en gekontroleer was nie. Die resultate bevestig egter dat 'n TRVP betekenisvolle verbetering bewerkstellig in 'n groep geselekteerde pasiente met KLRP en verder toepaslike studies is nodig om die terapeutiese waarde vir pasiente met hierdie kroniese en stremmende toestand te bevestig.