Doctoral Degrees (Modern Foreign Languages)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Doctoral Degrees (Modern Foreign Languages) by Author "Jordaan, Doret"
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemDie uitbeelding van Afrika-woestyne in Afrikaanse, Engelse, Duitse en Franse fiksie(Stellenbosch : Stellenbosch University, 2017-03) Jordaan, Doret; Du Toit, Catherine; Stellenbosch University. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Modern Foreign LanguagesAFRIKAANSE OPSOMMING : Die menslike verbeelding reduseer die aarde se verskeidenheid woestynlandskappe dikwels tot enkele, herhalende beelde wat een groot generiese woestyn vorm. Een doel van hierdie studie is om vas te stel hoe literêre uitbeeldings van woestynomgewings verband hou met die fisiese woestyne van Afrika – in die besonder wat fiksie geskryf in Afrikaans, Engels, Duits en Frans betref. Daarom word die uitbeelding van die Namib, Kalahari en Sahara bespreek binne die raamwerk van die ekokritiek, geokritiek en vergelykende letterkunde. Hierdie studie het verder ten doel om die gapings aan te spreek tussen die groot hoeveelheid literêre navorsing oor woestyne soos die Sahara aan die een kant en die Namib en die Kalahari aan die ander kant. Ook word gepoog om ʼn bydrae te maak wat die beperktheid van veeltalige navorsing binne die ekokritiek en geokritiek aanspreek – veral Afrikaans. ʼn Wye verskeidenheid tekste is by die ondersoek betrek. Benewens outobiografiese werke soos reisbeskrywings, behels die nie-fiksie ook werke uit die aardwetenskappe. Die fiksie behels romans, en tot ʼn mindere mate kortverhale, waarin die woestyn optree as woonplek, vestigingsplek en besoekplek. Die woestynuitbeeldings in die romans Anderkant die Stilte (2002) deur André P. Brink, Désert deur J.M.G. Le Clézio (1980), Der einzige Ort (2004) deur Thomas Stangl en The Sheltering Sky (1990 [1949]) deur Paul Bowles, word meer uitvoerig bespreek. Die groot verskeidenheid woestynbeelde, kan aan die hand van ʼn paar aspekte beskryf word, met die oog op die lees van die woestyn. Die woestynbeeld is eintlik ʼn opstapeling van uitbeeldings. Hierdie weergawes van die woestyn is beperk wat sintuiglike waarneming betref en is oorwegend visueel. Wanneer die woestynbeelde as ʼn versameling betrag word, blyk dit ʼn reeks paradokse wees. Hierdie kontrasterende beelde maak egter sin, indien die woestyn vanuit ʼn ekokritiese invalshoek bestudeer word. Wat Afrika se woestyne betref, kan duidelik onderskei word tussen uitbeeldings van die Sahara en uitbeeldings van die woestyne in Suidelike Afrika: die ekosisteme van die Namib en die Kalahari word met groter spesifiekheid uitgebeeld as dié van die Sahara. Die literêre woestynervaring kan dus verryk word deur die besonderse uitbeeldings van die Namib en die Kalahari saam met uitbeeldings van die Sahara te lees.