Masters Degrees (Systematic Theology and Ecclesiology)
Permanent URI for this collection
Browse
Browsing Masters Degrees (Systematic Theology and Ecclesiology) by browse.metadata.advisor "Du Toit, D. A."
Now showing 1 - 1 of 1
Results Per Page
Sort Options
- ItemGeregtigheid, vryheid en die mens as beeld van God : 'n teologies-etiese studie na die betekenis daarvan vir menseregte(Stellenbosch : Stellenbosch University, 1990-03) Jones, Chris; Du Toit, D. A.; Theron, P. F.; Stellenbosch University. Faculty of Theology. Dept. of Systematic Theology and Ecclesiology.AFRIKAANSE OPSOMMING: In die vroeëre geskiedenis van menseregte word daar baie teleurstellende optrede rakende hierdie kwessie gevind. Tog sedert die Tweede Wêreldoorlog het die regte van die mens op die terrain van die internasionale politiek al sterker na vore gekom. Daar is 'n beroep op die regerings van die dag gedoen dat die regte van die mens in sosioekonomiese en politieke konteks gedefinieer moet word. Daar word oak geëis dat regerings die regte van die mens moet beskerm en konstitusioneel moet waarborg, want dit is betekenisloos om oor menseregte te praat asof dit iets is wat aan die mens in isolasie toekom. Die kerk, veral die Afrikaanse Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, het ook vir baie jare die menseregte-kwessie probeer ontwyk. Die kerke het die kwessie as 'n bedreiging vir hul behoudende lewenssiening beskou, as 'n aanslag vanuit kommunistiese geledere en ‘n poging deur ‘n humanistiese verligtingsfilosofie wat die ondergang van die kerk wou bewerkstellig. Mettertyd het die ingesteldheid van die kerke (veral die Ned. Geref. Kerk) in dié verband begin verander - daar is teologies met die regte van die mens begin omgaan en daar is besef dat dit ‘n saak is waarvan die diepste grondslae nie losstaan van die sentrale Skrifwaarhede nie. So word daar aandag gegee aan drie teologiese waarhede wat noodsaaklik is vir ‘n Christelike besinning oor menseregte. Hier word verwys na God se geregtigheid wat op alle vlakke die mens se ongeregtigheid deurbreek. Dit is alleen moontlik omdat God, binne Sy verbondsverhouding met die mens, Sy reg en liefde aan die mens bewys. Die mens word self ook opgeroep om hierdie geregtigheid en liefde teenoor sy naaste uit te leef. Dit is dan juis hierdie geregtigheid en liefde wat die mens help om sy medemens as menswaardig te behandel. God skep elke mens volgens Sy beeld en dit gee aan elkeen 'n bepaalde waarde as mens. Dit moet gerespekteer word deur elke persoon en hy moet dienooreenkomstig teenoor sy medemens optree. In Sy genade maak God dit ook vir elke mens deur die geloof moontlik om waarlik vry te wees. Hierdie vryheid le in die gebondenheid aan God se wil. Al sondig die mens deur byvoorbeeld onregverdig, liefdeloos en mensonwaardig teenoar sy naaste op te tree, spreek God op grond van Sy genade die mens vry deur die verlossing in Jesus Christus. So het die kerk en die gelowiges begin besef dat menseregte ‘n belangrike kwessie is vir elke gelowige wat wil vashou aan die Woord van God as hul enigste rigsnoer. Hierdie saak sal voortdurend in die lig van die Skrif ondersoek moet word en onvoorwaardelik verkondig en uitgeleef moet word. So sal die kerk n kragtige getuienis uitdra in die verband en sy geloofwaardigheid in die samelewing behou. Dit is slegs moontlik as die kerk ‘n biddende kerk is, want alleen só sal hy sy skuld kan bely as hy gefaal het ten opsigte van menseregte en slegs op hierdie wyse sal die kerk kan bid om God se hulp, raad en leiding in die verband.