Professorale intreerede

Date
1998-08-19
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
Hans Roosenschoon is in 1952 in Nederland gebore en het in 1953 saam met sy ouers na Suid-Afrika geemigreer. In 1976 wen hy die Buitelandse Beurs vir Komponiste van die Suider-Afrikaanse Musiekregte Organisasie (SAMRO), Suid-Afrika se vereniging vir komponiste, skrywers en uitgewers. Dit het horfi in staat gestel om aan die Royal Academy of Music in Londen onder Paul Patterson te studeer. Roosenschoon se musiek word, sedert sy terugkeer na Suid-Afrika in 1978, gereeld landwyd uitgevoer en vind algemeen byval. In 1987 ontvang hy Standard Bank se toekenning vir die Jong Kunstenaar van die Jaar. Hy het ook talle opdragwerke gelewer. In 1991 het hy 'n doktorsgraad in Musiek aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Nadat hy in 1978 die koperblaaskwintet Makietie geskryf het, het verskeie hibriede komposisies van horn verskyn waarin hy avant garde- en postmodernistiese tegnieke met inheemse musiek integreer en ook ander diverse bronne ontgin om 'n uni eke pluralistiese klankkarakter te verkry. Een van hierdie werke is Timbila, 'n egte kruiskulturele werk waarin hy 'n groep tradisionele marimbaspelers van die Chopi-stam in Mosambiek met 'n "Westerse" simfonieorkes kombineer. Roosenschoon se musiek is ook in die VSA, verskeie Wes- en Oos-Europese lande en in die Verenigde Koninkryk uitgevoer. Sy orke~werk Ikonografie is gekies vir die 1992 "World Music Days" van die International Society of Contemporary Music (ISCM) in Warschau, Pole. Ander werke wat buitelandse aandag getrek het, is sy Mantis Balletsuite, Firebowl, Ko, !at ons sing, Clouds Clearing, Magnificat en Timbila. Sy strykkwartet To open a window is in 1996 by die Oslo Kamermusiekfees uitgevoer. Tot 1995 was Hans Roosenschoon Bestuurder van die Departement Musiek van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK), Kaapstad. Van 1996 - 1997 washy eers Lektor en later Senior Lektor in Musiekteorie in die Departement Musiek van die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein. Vanaf Maart 1998 is hy aangestel as Direkteur van die Konservatorium en Voorsitter van die Departement Musiek van die Universiteit van Stellenbosch. Professor Roosenschoon is 'n lid van die direksie van SAMRO en van die South African Recording Rights Association Limited (SARRAL).
Description
Inaugural lecture delivered on 19 August 1998, Stellenbosch: Stellenbosch University, South Africa.
Keywords
Intreerede
Citation
Roosenschroon, H. 1998. Professorale intreerede. Stellenbosch : Stellenbosch University, Suid Afrika