Die benutting van die strokiesprent in die onderrig van Afrikaanse stelwerk en letterkunde op sekondere skoolvlak

Date
1997
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The main aim of this study is to determine whether the use of comics strips contributes to the improvement of teaching of reading and writing in Afrikaans as a first language by firstly presenting an overview of the relevant literature, and secondly by designing a teaching programme for grades 9 and 10 to show its applicability in the classroom situation. The art of comics is rooted in the earliest forms of visual narrative communication. Later development led to the serious art forms of writing and painting. A new dimension was added to art by later experiments with satirical cartoons. These led to the first modern comic strip, modern because of the interdependence of picture and word. Broadly speaking, two lines of development in comics can be distinguished that which focuses on the pleasure and relaxation of the reader, and that with a satirical point of view. The same trend can be seen in the development of South African comic strips. Several conventions of the comic medium are identified in this study, and its artistic value is demonstrated. The value of the comic strip in the classroom, however, lies in its particular usefulness as a narrative medium. The wide range of possible applications of the comic strip in a teaching programme suggests that it is a valid and useful instrument in the teaching of Afrikaans reading and writing.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van hierdie studie is om deur 'n oorsig van die relevante literatuur oor strokiesprente en die toepassing daarvan in 'n onderrigprogram 'n bydrae te lewer ter verbetering van lees- en skryfonderrig van Afrikaans as Eerste Taal met toespitsing op grade 9 en 10. Die strokieskuns is gewortel in vroeë vorme van narratiewe kommunikasie. Latere ontwikkelinge het gelei tot die meer ernstige beeldende en skryfkuns. 'n Nuwe dimensie in die kunste het ontstaan met die nog latere eksperimentering met satiriese spotprente. Dit het gelei tot die eerste moderne strokie, modern weens die interafhanklikheid van woord en beeld. Die ontwikkeling van strokies word breedweg verdeel in twee rigtings: die wat gemik is op plesier en ontspanning, en die met 'n satiriese blik op die samelewing. Dieselfde tendens kan in die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse strokies bespeur word. Verskeie konvensies van die strokiesmedium kan geïdentifiseer en sy waarde as kunsvorm kan ook begrond word, maar sy nut in die klaskamer lê hoofsaaklik in sy narratiewe aard. Die wye toepasbaarheid van die strokiesprent in 'n onderrigprogram dui daarop dat die strokiesmedium 'n nuttige en geldige instrument is in die lees- en skryfonderrig van Afrikaans.
Description
Tesis (M. Ed.) -- Universiteit van Stellenbosch, 1997.
Keywords
Afrikaans language -- Composition and exercises, Afrikaans literature -- Study and teaching (Secondary), Comic books, strips, etc. in education, Teaching -- Technique, Dissertations -- Education, UCTD
Citation