Sustainable development for rural women artisanal miners in Malawi : obligations under the African Charter and Maputo Protocol

Date
2022-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This research examines the rights of rural women artisanal miners in the artisanal and small-scale mining sector in Malawi. This mining sector is affected by the regulation of this subsector through the Mines and Minerals Act and the National Artisanal and Small-scale Mining Policy (ASM Policy). It thus formulates a matrix of rights to establish whether or not the law and policy framework on ASM in Malawi adequately ‘protect, promote and fulfil’ the rights of RWAMs. In addition, this research also analyses the Africa Mining Vision, the flagship regional policy framework, to assess how states have adopted the matrix of rights to give effect to RWAMs’ rights commitments. In the first instance, the research provides for the Feminist Legal Theory (FLT) methodology, which refers to feminist legal methods and African feminist views to justify the need to address the realities of RWAMs in ASM. In addition, the research expands on the two main organising principles, formalisation and sustainable development, by adopting a feminist lens. Thus, in answering the main research question, the research clarifies how categorising women as a homogenous group shapes the law and policy actions to exclude those with intersecting identities, such as RWAMs. This research also presents the context of ASM in Malawi given RWAMs participation and involvement in this subsector. In addition, this research provides an overview of Malawi’s legal and policy framework, particularly in gender and development. Specifically, this research analyses the standpoint of Malawi’s law and policy framework on mining given RWAMs rights. Finally, this research has conclusions and recommendations. It elaborates on the key findings of each chapter, provides recommendations and insists on future research. The recommendations made in this research dwell on the practical aspects Malawi must implement given the matrix of rights for the benefit of RWAMs.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie navorsing ondersoek die regte van landelike kleinskaalse vrouemynwerkers in die bestaans- en kleinskaalse mynbousektor (‘rural women artisanal miners’, of RWAM’s) in Malawi. Die mynbousektor word geraak deur die regulering van hierdie subsektor deur die Wet op Myne en Minerale en die Nasionale Beleid op Bestaans- en Kleinskaalse Mynbou (ASM-beleid). Die navorsing formuleer dus ʼn regtematriks om vas te stel of die wets- en beleidsraamwerk vir bestaans- en kleinskaalse mynbou (ASM) in Malawi die regte van RWAM’s voldoende ‘beskerm, bevorder en (daaraan) voldoen’. Hierdie navorsing ontleed ook die vlagskip- beleidsraamwerk vir die streek, die Afrika-mynbouvisie, om vas te stel hoe lande die regtematriks aangeneem het om die ondernemings ten opsigte van RWAM’s se regte ten uitvoer te bring. Eerstens maak die navorsing voorsiening vir die metodologie van feministiese regsteorie (FLT), wat na feministiese regsmetodes en Afrika- feministiese sienings verwys om die nodigheid vir die hantering van die realiteite van RWAM’s in ASM te regverdig. Die navorsing brei ook uit oor die twee hoof- organiserende beginsels, formalisering en volhoubare ontwikkeling, deur die aanname van ʼn feministiese perspektief. In die beantwoording van die hoof- navorsingsvraag maak die navorsing dit dus duidelik hoe die kategorisering van vroue as ʼn homogene groep die wets- en beleidsaksies vorm om diegene met kruis-identiteite, soos die RWAM’s, uit te sluit. Die navorsing verskaf ook die konteks vir ASM in Malawi, gegewe die RWAM’s se deelname aan en betrokkenheid by hierdie subsektor. Die navorsing bied boonop ʼn oorsig van Malawi se regs- en beleidsraamwerk, veral ten opsigte van gender en ontwikkeling. Die navorsing ontleed in die besonder die standpunt van Malawi se wets- en beleidsraamwerk ten opsigte van mynbou, gegewe die RWAM’s se regte. Die navorsing kom tot etlike gevolgtrekkings en doen aanbevelings. Daar word uitgebrei oor die hoofbevindings van elke hoofstuk, aanbevelings word gedoen en daar word aangedring op toekomstige navorsing. Die aanbevelings uit hierdie navorsing fokus op die praktiese aspekte wat tot voordeel van die RWAM’s deur Malawi in werking gestel moet word, gegewe die regtematriks.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2022.
Keywords
Maputo Protocol, Women miners -- Malawi, Women's rights -- Malawi, UCTD, Human rights -- Women
Citation