Aspekte van vernuwing in die Afrikaanse leksikografie : standaard- en pedagogiese woordeboeke as barometer

Date
2022-12-07
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
Abstract
Innovative aspects of Afrikaans lexicography : standard and pedagogical dictionaries as barometer. The aim of this contribution is to offer an overview of the areas of most significant innovation in the Afrikaans lexicography over the past two decades, with specific reference to standard and pedagogical dictionaries, since they represent the typological categories in which most development is visible. However, reference will also be made to other dictionary types and contexts where relevant. Firstly, the current state of affairs with regard to the Afrikaans lexicography will be outlined in terms of existing lexicographic products. Secondly, some comments will be offered on the professionalisation of Afrikaans lexicography — a topic which has not really been dealt with in metalexicographical research. The roles of the Bureau of the Woordeboek van die Afrikaanse Taal and commercial dictionary publishers will also be highlighted. Thereafter, secondary and specific lexicographic processes will be discussed, with reference to corpus lexicography and lemma selection, macrostructural innovation, and microstructural innovation. The discussion of the latter will include integrated microstructures in bilingual dictionaries, lexicographic definitions in monolingual dictionaries, cotext entries, and aspects of grammatical data. The state of affairs and future of the Afrikaans e-lexicography will also be addressed. Finally, some comments on special dictionaries will be offered.
Die doel van hierdie bydrae is om 'n oorsig te bied op die areas van grootste vernuwing in die Afrikaanse leksikografie oor die afgelope twee dekades, met spesifieke verwysing na standaard- en pedagogiese woordeboeke, aangesien dít die tipologiese klasse is waarin die meeste vooruitgang te bespeur is. Daar sal egter ook na ander woordeboeksoorte en kontekste verwys word waar dit relevant is vir die bespreking. Eerstens sal kortliks na die huidige stand van sake in die Afrikaanse leksikografie gekyk word, in terme van bestaande leksikografiese produkte. Tweedens word enkele opmerkings aangebied oor die professionalisering van die Afrikaanse leksikografie — 'n onderwerp wat nog nie eintlik aandag in metaleksikografiese ondersoek geniet het nie. Die rol van die Buro van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal en die kommersiële woordeboekuitgewers word ook uitgelig. Daarna word kommentaar gelewer op sekondêre en spesifieke leksikografiese prosesse, met verwysing na korpusleksikografie en lemmaseleksie, makrostrukturele vernuwing, en mikrostrukturele vernuwing. Die bespreking van mikrostrukturele vernuwing sluit in geïntegreerde mikrostrukture in vertalende woordeboeke, leksikografiese definisies in verklarende woordeboeke, koteksinskrywings, en aspekte van grammatikale data. Die stand van sake van en 'n toekomsblik op die Afrikaanse e-leksikografie word ook aangeraak. Laastens sal enkele opmerkings oor spesiale woordeboeke gemaak word.
Description
CITATION: Beyer, H. L. & Louw, P. A. 2022. Aspekte van vernuwing in die Afrikaanse leksikografie : standaard- en pedagogiese woordeboeke as barometer. Lexikos, 32(3):25-48, doi:10.5788/32-3-1730.
The original publication is available at https://lexikos.journals.ac.za
Keywords
Citation
Beyer, H. L. & Louw, P. A. 2022. Aspekte van vernuwing in die Afrikaanse leksikografie : standaard- en pedagogiese woordeboeke as barometer. Lexikos, 32(3):25-48, doi:10.5788/32-3-1730.