Palatalization in Northern Sotho

Date
2001-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study focuses on the phonological process of Palatalization in Northern Sotho. In view of the fact that most available descriptions of this phenomenon are taxonomic in nature, this study sets out to employ two more recent phonological models in the description and explanation of this process. Description of the core components of, respectively, the classical linear Transformational Generative (TG) model of Chomsky and Halle (1968) and a non-linear Feature Geometry (FG) model (cf Clements and Hume, 1995) mark the first chapter of this study This is followed by a detailed TG description in which it is argued that a number of other phonological processes are also involved 10 the process of Palatalization. It is demonstrated that a Semivocalization process actually serves as the input to a classical rule of palatalization, i.e. the assimilation of a [+ high] feature to a preceding consonant. It is demonstrated that a feeding-bleeding rule ordering is necessary to derive the required output In this process an optional rule of Semivowel deletion also plays a role, especially in the case of the labio-velar semivowel lw/. This analysis is followed by an FG analysis stressing the fact that this non-linear model does not involve the concept of rule ordering or derivational schemes. The mechanisms of Spreading and Delinking of hierarchically ordered nodes are demonstrated m a systematic fashion. Due to the fact that the phonological representation does not allow for other successive processes to apply, it is shown that the FG model is not able to account for all of the sound changes in a credible manner The conclusion is eventually drawn that the TG model describes and explains the phenomenon of Palatalization in Northern Sotho more elegantly and comprehensively than the more recent FG model.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie fokus op die fonologiese proses van Palatalisasie in Noord Sotho. In die lig van die feit dat die meeste beskrywings van hierdie verskynsel taksonomies van aard is, poog hierdie studie om twee meer resente fonologiese modelle te implemteer in die beskrywing en verklaring van die proses. Die eerste hoofstuk is grotendeels gerig op "n uiteensetting van die kemkonsepte van respektiewelik, die Transformasioneel Generatiewe fonologiese model (TG) van Chomsky en Halle (1968), en die Kenmerk Geometrie (KG) van Clements en Hume (1995). Dit word opgevolg deur 'n gedetailleerde beskrywing van die verskynsel binne 'n TG model, en daar word geargumenteer dat 'n reeks ander prosesse ook teenwoordig is in hierdie proses van Palatalisasie. Dit word aangedui dat' n proses van Semivokalisasie noodsaaklik is om die omgewing te skep waarbinne 'n [+ hoog] kenmerk aan voorafgaande konsonante assimileer. Die noodsaaklikheid vir die aanvaarding van 'n bepaalde reëlordening word aangedui ten einde' n gepaste afvoer te genereer. Die aandag word gevestig op die feit dat 'n opsionele proses van Semivokaaldelesie ook in Noord Sotho aanwesig is, veral mbt die labiovelêre semivokaal Iw/. Hierdie analise word opgevolg met "n KG analise wat nie van afleidingsprosesse gebruik maak nie. Die gebruik van Spreiding en Ontkoppeling word sistematies ondersoek. Agv die feit dat 'n hierargies geordende sisteem van respresentasies nie voorsiening maak vir temporaalopeenvolgende prosesse nie, blyk dit dat hierdie model sekere klankveranderinge nie kan verantwoord nie. Daar word uiteindelik tot die gevolgtrekking gekom dat die klassieke TG model die verskynsel van Palatalisasie in Noord Sotho veel beter hanteer as die meer resente KG model.
Description
Thesis (MA)--University of Stellenbosch, 2001.
Keywords
Sotho language -- Palatalization, Grammar, Comparative and general -- Palatalization, Northern Sotho language
Citation