Examiner’s persception of grade 10 English second language “errors” in Namibia

Date
2018-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
This study was conducted to explore examiners’ perceptions of Grade 10 English Second Language (ESL) at Junior Secondary Certificate (JSC) level and to increase awareness of varieties of English. The study is situated in the Namibian context. An interpretive approach was employed to understand how examiners perceive Grade 10 English second language learners' ‘errors’. Semi-structured interviews were used to obtain information from six participants who are national markers of Grade 10 ESL papers in the Omusati region. The data were compared to the national examiners' reports for 2012–2016. The study was a qualitative case study. The unit of analysis in this case study was the perceptions of six examiners from the Omusati region of Namibia. This study was based on a sociolinguistic approach to the language. The replies of the six respondents and the examiners’ reports revealed that the Grade 10 learners’ level of proficiency in English is not at the level or grade they are in. In other words, they do not meet the requirements of the Grade 10 level. Both datasets revealed a perceived gap between learners from rural and urban schools. Learners from rural schools were perceived to be disadvantaged in terms of English proficiency compared to those in urban schools. Furthermore, the language spoken in certain areas influences learners' production of language. According to the examiners, learners have difficulty with interpreting questions correctly and as a result, they write off-topic. The findings revealed that 80% of learners do not keep to the word limit. This negatively affects the marks allocated because the examiners have to stop marking at the number of words expected. Most interestingly, the study revealed that learners were creating new forms of English which were seen by examiners as a direct translation from learners' home language into English. These types of translation mostly occur when learners translate idioms into English and when they write about things that relate to their culture. This led examiners to consider the possibility that an indigenous variety of English, colloquially referred to as ‘Namlish’, may be emerging in Namibia. Although this kind of English has not yet been standardised, it was acknowledged to exist in Namibia alongside the preferred British English.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek eksaminatore se indrukke van Graad 10 Engels Tweede Taalvermoë op Junior Sekondêre Sertifikaatvlak en om bewustheid van taalvariëteit in Engels te skep. Die studie is in Namibië gedoen. ʼn Verklarende benadering is gevolg om te verstaan watter indruk eksaminatore het van Graad 10 Engels Tweede Taal (ETT) leerders se ‘foute’. Semi- gestruktureerde onderhoude is gebruik om inligting te verkry by ses deelnemers wat deel vorm van die nasionale eksamenpaneel vir die Graad 10 ETT vraestelle in die Omusati streek. Hulle indrukke is vergelyk met die nasionale eksamineringsverslae vir 2012–2016. Die studie is gebaseer op ʼn sosiolinguistiese benadering tot die aanleer van ‘n taal en taalverandering. Die deelnemers indrukke en die eksaminatore se verslae het aangetoon dat die Graad 10 leerders se taalvaardigheid nie op die gewenste vlak is nie. Hulle voldoen dus nie aan die vereistes vir Graad 10 nie. Beide datastelle het die eksaminatore se persepsie van die gaping tussen leerders uit plattelandse en die uit stedelike gebiede aangetoon. Volgens hulle het leerders in plattelandse gebiede ʼn agterstand te opsigte van hulle Engels taalvaardigheid. Die Engels wat in sekere areas gepraat word beïnvloed ook die leerders se taalproduksie. Volgens die eksaminatore ondervind leerders probleme om vrae korrek te vertolk en vervolglik beperk hulle nie hul geskrewe werk tot die onderwerp wat gegee is nie. Ongeveer 80% van die leerders hou nie by die woordtelling nie en dit het ook ʼn negatiewe invloed op hulle punte, aangesien die eksaminatore ophou merk wanneer hulle by die voorgeskrewe woordbeperking kom. ʼn Interessante bevinding is dat die leerders nuwe vorme van Engels skep, maar dit word deur eksaminatore gesien as direkte vertalings vanuit hulle huistaal. Hierdie tipes ‘vertaling’ vind meestal plaas wanneer leerders idiomatiese taalgebruik vanuit hulle huistaal in Engels vertolk en wanneer hulle skryf oor onderwerpe wat naby aan hulle kultuur is. Hierdie verskynsel lei daartoe dat die eksaminatore die moontlikheid moet oorweeg dat daar ʼn inheemse vorm van Engels, naamlik ‘Namlish’ aan die ontwikkel is. Alhoewel hierdie variasie van Engels nog nie gestandaardiseer is nie, word dit erken as ʼn soort Engels wat tesame met Britse Engels bestaansreg het in Namibië.
Description
Thesis (MEd)--Stellenbosch University, 2023.
Keywords
Citation