Liggingsaspekte van spoorvervoereindpunte wat die winsgewendheid van goederespoordienste ondersteun

Date
2020-04
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Abstract
Hierdie artikel bied ’n oorsig van liggingsaspekte van spoorvervoereindpunte wat die lewering van winsgewende goederespoordienste kan ondersteun. Aangesien spoorvervoer tot vaste roetes beperk is en ’n stasie-tot-stasie-diens eerder as ’n diens van perseel tot perseel lewer, is die plasing van spoorvervoereindpunte en die uitleg van die spoornetwerk van deurslaggewende belang vir die suksesvolle bedryf van goederespoorvervoerdienste. Liggingsaspekte van losmaat-, grootmaat-, opry-afry- en intermodale eindpunte word bespreek. Die artikel beskou die invloed wat die veranderde rol van spoorvervoer sedert die ekonomiese deregulering van goederevervoer op die ligging van spoorvervoereindpunte het, aan die hand van die drie mees bepalende faktore daarvan. Hierdie faktore is: (1) die verkeer se oorsprong- en bestemmingsplekke, (2) die verkeersomvang en (3) die aard van die eindpuntaktiwiteite. Ten slotte word die uitwerking van die uitleg van die spoornetwerk op die toeganklikheid van spoorvervoereindpunte oorsigtelik bespreek.
Description
CITATION: Pienaar, W. J. 2020. Liggingsaspekte van spoorvervoereindpunte wat die winsgewendheid van goederespoordienste ondersteun. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 39(1):7-13, doi:10.36303/ SATNT.2020.39.1.744.
The original publication is available at http://www.satnt.ac.za
Keywords
Freight and freightage, Railroads -- Location, Railroads -- Economic aspects, Terminals (Transportation), Containerization
Citation
Pienaar, W. J. 2020. Liggingsaspekte van spoorvervoereindpunte wat die winsgewendheid van goederespoordienste ondersteun. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 39(1):7-13, doi:10.36303/ SATNT.2020.39.1.744.