'n Historiese en krities-analitiese studie van die liedersiklus Die schone Mullerin van Wilhelm Muller en Franz Schubert

Date
1972
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: "Die schone Mullerin" verg 'n openhartige oorgawe van die sanger aan die lied en geen koel akademiese sangwyse nie. Dit is die sanger se taak om te probeer deurdring tot die grondstemming van elke lied. Juis daarom is dit noodsaaklik dat hy eers 'n grondige studie van die poësie maak voordat hy die toonsetting daarvan aandurf. Schubert se skeppende vermoë word deur die woord van die digter gesprikkel; tog slaag hy daarin om altyd 'n volkome natuurlikheid aan sy melodiese frase te verleen. Die ritme van die lied is natuurlik sterk afhanklik van die ritme van die gedig, aangesien die musiek en poësie 'n gemeenskaplike ritme het. Daarom is dit noodsaaklik dat 'n deeglike studie van die prosodie van die liedere gemaak word alvorens bepaal kan word of die toondigter getrou was aan die wette van die natuurlike woordaksent.
Description
Thesis (M. Mus.) --Stellenbosch University, 1972.
Keywords
Muller, Wilhelm, -- 1794-1827, Schubert, Franz, -- 1797-1828, UCTD
Citation