Die belang van kritiese selfrefleksie deur joernalistiekopvoeders

dc.contributor.authorJordaan, Mareneten_ZA
dc.date.accessioned2020-02-14T12:49:09Z
dc.date.available2020-02-14T12:49:09Z
dc.date.issued2018
dc.descriptionCITATION: Jordaan, M. 2018. Die belang van kritiese selfrefleksie deur joernalistiekopvoeders. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 58(4-1):2224-7912, doi:10.17159/2224-7912/2018/v58n4-1a13
dc.descriptionThe original publication is available at http://www.scielo.org.za
dc.description.abstractDie joernalistieke bedryf is onder groot druk en verander teen ʼn ongekende pas. Dit beteken joernalistiekopvoeders – veral op tersiêre vlak – moet gedurig herbesin oor wat in die lesinglokaal gebeur om tred te hou met omwentelinge in die bedryf. Die kernargument in hierdie artikel is dat joernalistiekopvoeders die basiese beginsels van kritiese selfreflektiewe onderrigpraktyk in gedagte moet hou wanneer hulle interaksie met studente het en kurrikula ontwikkel. Kritiese selfreflektiewe onderrigpraktyk beteken om deeglik na te dink oor bestaande waardestelsels en ervaring alvorens besluite oor toekomstige onderrigbenaderings gemaak word (Larrivee 2000:294). In die artikel word kennis geneem van debatte binne joernalistiekonderrig, wat insluit die soms gespanne verhouding tussen die akademie en die bedryf, sowel as onsekerheid wat steeds bestaan oor waar joernalistiekprogramme in die groter universiteitsomgewing inpas. Aandag word ook geskenk aan die veranderende leerstyle van studente. Die gebruik van digitale media-tegnologie word as voorbeeld gebruik van hoe daar soms wanopvattings kan bestaan oor studente se ervaring binne en buite die lesinglokaal. Kritiese selfreflektiewe onderrigpraktyk word gedefinieer ten einde te argumenteer dat dié benadering veral relevant kan wees vir joernalistiekonderrig op universiteit. As voorbeeld van hoe kritiese selfrefleksie aangewakker kan word onder joernalistiekopvoeders, word verwys na ʼn gevallestudie by die Universiteit Stellenbosch se nagraadse joernalistiekdepartement. In dié geval word terugvoer uit fokusgroepe met honneursstudente aangewend om te reflekteer oor kursusinhoud en leerbenaderings wat ook tot kurrikulumvernuwing kan lei.en_ZA
dc.description.urihttp://www.scielo.org.za/scielo.php?script=sci_abstract&pid=S0041-47512018000400013&lng=es&nrm=iso&tlng=en
dc.description.versionPublisher's version
dc.format.extent15 pages
dc.identifier.citationJordaan, M. 2018. Die belang van kritiese selfrefleksie deur joernalistiekopvoeders. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 58(4-1):2224-7912, doi:10.17159/2224-7912/2018/v58n4-1a13
dc.identifier.issn2224-7912 (online)
dc.identifier.otherdoi:10.17159/2224-7912/2018/v58n4-1a13
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/107485
dc.language.isoafaf_ZA
dc.publisherSuid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
dc.rights.holderAuthor retains copyright
dc.subjectJournalism -- Study and teachingen_ZA
dc.titleDie belang van kritiese selfrefleksie deur joernalistiekopvoedersaf_ZA
dc.typeArticleen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
jordaan_belang_2018.pdf
Size:
474.21 KB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
Download article
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
1.71 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: