'Eva-lusie' : die vrouestem in Suid-Afrikaanse media

dc.contributor.authorRabe, Lizette
dc.date.accessioned2010-06-03T14:16:31Z
dc.date.available2010-06-03T14:16:31Z
dc.date.issued2001-09
dc.description17 A4 pages in pdf format.en_ZA
dc.descriptionBibliography
dc.description.abstractIn April vanjaar was 51% van Suid-Afrikaanse internetgebruikers vroue, teenoor 38% in Maart 1999 (Women now, 2001). Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat die geslag van gebruikers van die internet - die sogenaamde nuwe media - min of meer die bevolkingsamestelling reflekteer. Maar sou 'n studie gedoen word van die inhoud van die internet-aanbod: of van diegene wat die produseerders daarvan is, sou dit waarskynlik gelyk wees aan die bevindings van ander mediastudies. Eerstens: vroue wat in die media uitgebeeld word, is verreweg in die minderheid; tweedens: hulle word gestereotipeer, en derdens: as verskaffers van media is hulle in beperkte rolle (Gaga, 2000; Lowe-Moma, 2001: Spears et al.: 2000). Gaan ons vir 'n oomblik honderd jaar terug in ons eie geskiedenis, is Suid-Afrika vasgevang in 'n oorlog wat lank 'n rampspoedige invloed op talle terreine van Suid-Afrika se ontwikkeling sou hê. Ook die media. En hoofsaaklik die rol wat die Afrikaanse vrou in veral die Afrikaanse pers sou speel - of nie speel nie. Soos in die geslagsdiskoers in die letterkunde kan 'n mens ook na die afwesigheid van die Afrikaanse vrouestem in die media verwys as die "stiltes tussen woorde en tekste" (Van Niekerk, 1994). Om nie te praat van die stilte van swart en bruin vroue nie. Persvryheid moet deur almal geniet kan word en nie net sommige nie, sê pres. Thabo Mbeki vroeër vanjaar in sy boodskap ter viering van die tiende Wêreldpersvryheidsdag. Ook: "Niemand kan tevrede wees terwyl persvryheid hoofsaaklik net deur 'n uitsoekgroep geniet word nie. Dis die kernreg van alle mense om vrye toegang te hê tot media wat hul menings uitdruk en hul lewenservaring en strewes ten volle weerspieël". As 'n mens die status van vroue en ander minderheidsgroepe in die media ondersoek, is dit duidelik dat ons ver van daardie ideaal is. Veral as jy in Suid-Afrikaanse media lees van vroulike joernaliste wat teistering van parlementslede - die gekose verteenwoordigers van die volk dus - moet verduur (Stappe, 2001). Eerstens dan in hierdie besinning oor die status van vroue in die media moet 'n mens begin by die begin - en die oervraag van alle joernaliste: Wat is nuus?af
dc.description.abstractInaugural address delivered in September 2001 by Professor Lizette Rabe
dc.format.extent16 p. : ill.
dc.identifier.isbn0797208798
dc.identifier.urihttp://hdl.handle.net/10019.1/3150
dc.language.isoaf_ZAaf_ZA
dc.publisherStellenbosch : University of Stellenboschen_ZA
dc.rights.holderUniversity of Stellenboschen_ZA
dc.subjectStereotypes (Social psychology) in mass mediaen_ZA
dc.subjecten_ZA
dc.subjectWomen journalists -- South Africaen_ZA
dc.subjectDiscrimination in the mediaen_ZA
dc.subject.lcshJournalism -- South Africaen_ZA
dc.subject.lcshFreedom of the press -- South Africaen_ZA
dc.subject.lcshWomen in mass media -- South Africa
dc.title'Eva-lusie' : die vrouestem in Suid-Afrikaanse mediaaf_ZA
dc.title.alternativeEvalusie : die vrouestem in Suid-Afrikaanse mediaaf_ZA
dc.typeArticleen_ZA
Files
Original bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
rabe_eva-lusie_2001.pdf
Size:
3.07 MB
Format:
Adobe Portable Document Format
Description:
License bundle
Now showing 1 - 1 of 1
Loading...
Thumbnail Image
Name:
license.txt
Size:
2.03 KB
Format:
Item-specific license agreed upon to submission
Description: