Mobiele toerusting wat die suksesvolle vervoer van intermodale standaardhouers per spoor ondersteun

Date
2021
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Abstract
Hierdie artikel bied ’n oorsig van die tegniese en funksionele eienskappe van mobiele toerusting wat die suksesvolle vervoer van intermodale standaardhouers per spoor ondersteun. Die toerusting ter sprake is goederetreine, houerspoortrokke, intermodale standaardhouers en mobiele houerhanteringstoerusting. Goederetreine word verdeel in trokvragtreine en eenheidstreine, en die gepastheid van elke treinsoort vir die grootskaalse vervoer van intermodale standaardhouers word aangetoon. Daarna word die twee soorte doelgeboude houerspoortrokke toegelig. Die tien soorte intermodale standaardhouers wat beskikbaar is om goedere in te vervoer, word vervolgens behandel. Ten slotte word die funksies en eienskappe bespreek van hedendaagse mobiele hanteringstoerusting wat doeltreffend aan die houerhanteringsvereistes van moderne intermodale vervoerbedrywighede voldoen.
Description
CITATION: Pienaar, W. J. 2021. Mobiele toerusting wat die suksesvolle vervoer van intermodale standaardhouers per spoor ondersteun. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 40(1), doi:10.36303/ SATNT.2021.40.1.858.
The original publication is available at http://www.satnt.ac.za
Keywords
Railroads, Transportaion -- Equipment and supplies, Wagon trains, Transportation -- Equipment and supplies, Railroad trains
Citation
Pienaar, W. J. 2021. Mobiele toerusting wat die suksesvolle vervoer van intermodale standaardhouers per spoor ondersteun. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 40(1), doi:10.36303/ SATNT.2021.40.1.858.