Contested identities : Belhar, Elsies River and Mitchell’s Plain community ideas of queer ‘Colouredness’

Date
2023-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH SUMMARY : While queer studies in Africa have risen in contemporary projects of identity, the homogenising of queerness has resulted in the failure to capture the multiplicity of subjective experiences of queer-identifying persons of colour. The consolidation of persons of colour through the utilisation of the term ‘black’ to refer to the various non-white communities of South Africa has become a popular topic of investigation by queer studies scholarship in Africa. The issues that have risen from this homogenising approach to the queer experiences of persons of colour neglect to honour the multi-cultural and particular realities of the various black communities through consolidating the communities under the broad identifier ‘black’. The term ‘queer’ has been reduced to an alternate reference for persons who practice same-sex sexualities. This research project aims to foreground a subjective portrayal of queer South Africans through a case study of coloured persons who reside in Belhar, Elsies River, and Mitchell’s Plain in the Western Cape, South Africa. This is done to emphasise the lived realities of queer-coloured persons and to highlight how coloured communities’ perceptions are influenced by their historic socio-economic positioning. This thesis queries coloured as a racial identity and broadens the connotation of queer beyond gender and sexuality. This is executed by embarking on an exploration into queer experiences in coloured communities and has been accomplished through the braiding of personal narratives provided by a primary text, which is a transcript of a focus group discussion conducted with six queer-and-coloured identifying participants, and the secondary literary memoirs, Kelly-Eve Koopman’s Because I Couldn’t kill you (2019) and Yusuf Daniels’ Living Coloured (Because Black and White Were Already Taken) (2019). These personal narratives highlight that specific coloured communities hold an uneven tolerance towards sexualities which contradicts their heteronormative standard. The communal practice of codes of silence, and verbal and emotional abuse of queer persons, exemplify the dehumanising projects that promote coloured communities’ negative perceptions of queer persons.
AFRIKAANSE OPSOMMING : Terwyl queer-studies in Afrika toegeneem het in kontemporêre projekte van identiteit, het die homogenisering van queer ervaringe gelei tot die onvermoë om die veelheid van subjektiewe ervarings van queer-identifiserende persone van kleur vas te vang. Die konsolidasie van gekleurde persone deur die gebruik van die term 'black' om na die verskillende nie-blanke gemeenskappe van Suid-Afrika te verwys, het 'n gewilde onderwerp vir queer-studies navorsing in Afrika geword. Die kwessies wat ontstaan het uit hierdie homogeniserende benadering tot die ervarings van queer persone van kleur, versuim om die multikulturele en unieke realiteite van die verskillende nie-blanke gemeenskappe te eerbiedig, deur die gemeenskappe te konsolideer onder die breë identifiseerder, 'black'. Die term ‘queer’ is verminder tot 'n alternatiewe verwysing vir persone wat selfdegeslag seksualiteite beoefen. Die doel van hierdie navorsingsprojek is om 'n subjektiewe uitbeelding van queer Suid-Afrikaners op die voorgrond te plaas deur 'n gevallestudie van bruin persone wie in Belville, Elsiesrivier en Mitchells Plain in die Wes-Kaap, Suid-Afrika woonagtig is. Dit word gedoen om die daaglikse realiteite van queer-bruin persone te beklemtoon en om uit te lig hoe bruin gemeenskappe se persepsies deur hul historiese sosio-ekonomiese posisionering beïnvloed word. Hierdie tesis bevraagteken bruin identiteit as 'n rasse-identiteit en verbreed die konnotasie van queer verder as geslag en seksualiteit. Dit word uitgevoer deur 'n ondersoek na queer-ervarings in bruin gemeenskappe te begin en is bewerkstellig d.m.v. die vleg van persoonlike vertellings wat deur 'n primêre teks verskaf word, wat 'n transkripsie is van 'n fokusgroepbespreking gevoer met ses queer-en-bruin identifiserende deelnemers, en die sekondêre literêre memoires, Kelly-Eve Koopman se Because I Couldn’t Kill You (2019) en Yusuf Daniels se Living Coloured (Because Black and White Were Already Taken)(2019). Hierdie persoonlike vertellings beklemtoon dat spesifieke bruin gemeenskappe 'n ongelyke verdraagsaamheid het teenoor seksualiteite wat hul heteronormatiewe standaarde weerspreek. Die gemeenskaplike gebruik van kodes van stilte, en die verbale en emosionele mishandeling van queer persone, verteenwoordig die ontmenslikende projek wat bruin gemeenskappe se negatiewe persepsies van queer persone bevorder.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2023.
Keywords
Autoethnography
Citation