Die bruikbaarheid van die senior Suid-Afrikaanse individuele skaal vir die evaluering van blanke Afrikaanssprekende, hardhorende kinders

Date
1986-03
Authors
Badenhorst, Frans Hendrik
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
INLEIDING: Gehoorgestremdheid impliseer 'n drieledige verlies - nie net die verlies van gehoor nie, maar as gevolg daarvan ook die van spraak en taal. Gehoorgestremdheid het 'n ernstige uitwerking op die intellektuele vermoe en emosionele lewe van die mens (Badenhorst, 1985). Navorsers in die sielkunde van gehoorgestremdheid kry te doen met struikelblokke. Die universum waaruit steekproewe saamgestel moet word, is beperk en die vakliteratuur is nie voldoende nie. Die beskikbare toetsmateriaal is beperk en al uitweg is om gebruik te maak van gestandaardiseerde toetse vir die normaalhorendes. Resultate wat op die wyse verkry word, voldoen nie aan die standaarde wat gestel word ten opsigte van betroubaarheid en geldigheid nie. Taal en kommunikasie is 'n belangrike voorvereiste vir die meeste vorms van sielkundige navorsing. Navorsing ten opsigte van die gehoorgestremde in die Republiek van Suid-Afrika word gekompliseer deur die bevolkingsamestelling en die taal wat gebesig word. Die blanke bevolking is hoofsaaklik Afrikaans- en Engelssprekend, terwyl die verskillende etniese groepe elkeen In taal van sy eie het. Die gehoorgestremdes vorm 'n bron van mensemateriaal wat nuttig gebruik kan word indien elke gehoorgestremde se volle potensiaal ontwikkel word. Kennis van die gehoorgestremde se moontlikhede en beperkinge is 'n noodsaaklike vereiste vir suksesvolle rehabilitasie van so 'n persoon.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1986.
Keywords
Hearing disorders in children, Dissertations -- Psychology, Theses -- Psychology
Citation