So het hulle gesterf: Gedenkboek van teregstellings van Kaapse rebelle en Republikeinse burgers tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902

Date
1998
Authors
Visser, G. E.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Open Journal Systems
Abstract
Soos die subtitel aandui, is hierdie publikasie 'n gedenkboek van Kaapse rebelle en Republikeinse burgers wat gedurende die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 deur die Britse militere owerhede tereggestel is. Dit is gebaseer op G. Jordaan se alombekende boek "Hoe Zij Stierven: Mededeelingen aangaande het einde dergenen, aan wien gedurende den laatsten oorlog, in de Kaap-Kolonie, het doodvonnis voltrokken is" wat in 1904 deur De Stem-Drukkerij, Burgersdorp uitgegee is. (HAUM het laasgenoemde werk in 1944 uit Nederlands na Afrikaans vertaal en onder die titel "So het hulle gesterf" gepubliseer. Jordaan se werk is volgens die skrywers "steeds een van die betroubaarste verwysingsbronne" oor hierdie teregsteIlings, aangesien dit slegs twee jaar na' die oorlog geskryf is, "toe die gebeure nog vars in die geheue van familie en naasbestaandes was" (p. 11). Dit bestaan uit 'n versameling briewe en verteIlings wat Jordaan gepubliseer het net soos hy dit van die familie en naasbestaandes van die tereggesteldes ontvang het, maar is nie 'n voIledige rekord van aIle teregsteIlings nie. Jooste en Oosthuizen het dus naas Jordaan se werk ook 'n wye verskeidenheid publikasies wat die afgelope eeu oor die Kaapse rebeIle verskyn het, geraadpleeg. Daarby het hulle taIle argiefstukke, foto's en geskrifte in argiefbewaarplekke, museums, biblioteke en privaat besit, asook vele inskripsies op monumente en grafstene tydens hul navorsing vir die boek ontgin. Die inhoud van die boek is in twee dele verdeel. Deel I handel oor teregstellings in Kaapland en Deel II oor teregstellings in die Boererepublieke. Die publikasie sluit 'n kaart van Suid-Afrika in, waarop aangedui word waar al die teregsteIlings plaasgevind het. Die werk word met talle foto's en sketse toegelig en deur bronverwysings ondersteun.
Description
The original publication is available at http://scientiamilitaria.journals.ac.za/pub
Keywords
Graham Jooste, Abrie Oosthuizen, J.P. van der Walt, ISBN 0 7993 2557 0, teregstellings in die Boererepublieke, teregstellings in Kaapland, Suid-Afrika, book review
Citation
Visser, G.E. 1998. So het hulle gesterf: Gedenkboek van teregstellings van Kaapse rebelle en Republikeinse burgers tydens die Anglo-Boereoorlog 1899-1902. Scientia Militaria, South African Journal of Military Studies, 28 (2): 289-290.
Collections