Die ontwerp van vertalende vakwoordeboeke met vertalers as teikengebruikers : 'n teoretiese model

Date
2011-03
Authors
Potgieter, Liezl
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Alhoewel woordeboeke op spesifieke teikengebruikers gerig is, het die leksikografie slegs 'n baie beperkte bydrae gelewer om hulpmiddels vir vertalers te ontwikkel. Veral die bestaande vakwoordeboeke gee min blyke van 'n teoretiese fundering en nog minder van 'n erkenning van die behoeftes van een van die tipiese gebruikersgroepe, te wete die professionele vertaler. Vertalers is 'n gebruikersgroep met eiesoortige behoeftes en benodig woordeboeke wat spesifiek op hierdie behoeftes gerig is. In hierdie proefskrif word daar eerstens aandag gegee aan die ontwikkeling van die leksikografie met spesifieke verwysing na die vakleksikografie en die belangrikste rolspelers op hierdie gebied sowel as aan die ontwikkeling van die vertaalteorie wat insluit die linguistiese, tekslinguistiese en funksionalistiese benaderings tot vertaling en die onderskeie rolspelers binne elk van die benaderings. Daar word ook gekyk na die probleem van ekwivalensie binne die vertaalteorie sowel as binne die leksikografie. Daarna word daar gekyk na die woordeboekgebruiker, die gebruikersperspektief en die verskillende woordeboekfunksies wat tydens die beplanning en samestelling van woordeboeke in gedagte gehou en in ag geneem moet word. Daar word vervolgens aandag gegee aan vertalers as woordeboekgebruikers en daar word aangedui watter soort probleme vertalers met bestaande vertalende vakwoordeboeke het. Daarna word die fokus geplaas op die leksikografiese behoeftes van en vereistes wat professionele vertalers aan vertalende vakwoordeboeke stel. Laastens word 'n teoreties gefundeerde model ontwikkel vir die beplanning en opstel van vertalende vakwoordeboeke wat aan 'n wye reeks eiesoortige probleme aandag gee en aan die spesifieke behoeftes van professionele vertalers voldoen.
ENGLISH ABSTRACT: Although dictionaries are aimed at specific target users, lexicography has only made a very limited contribution to developing resources for translators. Existing language for special purposes dictionaries (LSP dictionaries) in particular show very little evidence of a theoretical foundation and even less evidence of recognising the needs of one of the most typical user groups, namely the professional translator. As a user group translators have distinctive needs and they are therefore in need of dictionaries specifically targeting these needs. In this dissertation the development of lexicography with specific reference to LSP lexicography and the most important role players in the field as well as the development of translation theory which includes the linguistic, text linguistic and functionalistic approaches to translation and the various role players with regard to each of these approaches are dealt with first. Furthermore the problem of equivalence with regard to translation theory as well as lexicography are also investigated. Thereafter attention is given to the dictionary user, the user perspective and the different dictionary functions that should be kept in mind during the planning and compilation of dictionaries. Translators as dictionary users are also explored and the type of problems translators have with existing translation LSP dictionaries is indicated. Then the focus falls on the lexicographical needs and requirements that professional translators have with regard to translation LSP dictionaries. Lastly a theoretically founded model is developed for the planning and compilation of translation LSP dictionaries that address a wide range of problems and meet the specific needs of professional translators.
Description
Thesis (DPhil)--University of Stellenbosch, 2011.
Keywords
Tweetalige vakwoordeboeke, Vertalers, Woordeboekgebruikers, Vakleksikografie, Encyclopedias and dictionaries -- Design, Translating and interpreting -- Lexicography, Dissertations -- Afrikaans language, Theses -- Afrikaans language
Citation