Die implikasies van 'n missionale transformasieproses vir die NG Gemeente Marken se voortbestaan

Date
2011-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Small rural congregations like Marken with a member count of 60 often battle with the question if the congregation will be able to survive. This question is influenced through individuals and larger congregations' perception that bigger is better. The vitality of small congregations is being judged by a modernistic approach. According to this viewpoint a large member count is an important factor for survival. The uniqueness of small rural congregations is not taken into account when the vitality of such congregations comes under the spotlight. The style of ministry and the program approach of larger congregations is the model normally associated with success and vitality and leads to small congregations' attempt to follow that model and in the process lose its God given uniqueness. The congregations' question of survival is addressed through a guided journey in an attempt to help the congregation realize its missional calling. A congregation like Marken must realize that a small congregation also can and should be a mirror of God's kingdom. Missional theology and Trinitarian theology cannot be discussed without taking into account the missio Dei of God. The Dutch Reformed Congregation of Marken' expression as church in and for the world must be modelled in God's missio Dei. The Trinity is the foundation for missional theology. The purpose of the study is the transformation of the Dutch Reformed Congregation of Marken who battles with a question of survival to become a missional congregation who takes part in God's mission. The history of the congregation, her identity and culture plays an important role. In the history of the congregation it became evident that a number of factors, the long absence of a minister, shortage in funds and a schism in the congregation lead to the question of survival. A pattern became evident in which the congregation described herself as small. This became part of the identity and culture of the congregation and is confirmed in the ethnographic research. All of these factors contributed to the single deepest question in the hearts of the congregation: How can the Dutch Reformed Church in Marken survive? To be able to understand these questions, one must underline the importance of the context in which the congregation finds herself. The congregation is situated in Limpopo province and form part of the Mogalakwena municipality which consists of roughly 300,000 Pedi speaking people. Realities like demography and migration patterns in the contextual analysis are indications that the congregation can't rely on growth through birth rate. The contextual analysis was also a step to open the blinded eyes of the congregation to the realities around the congregation. This was done to motivate the congregation to take part in the missio Dei. The congregation's involvement in the missio Dei can be described as a journey. In the study the first steps of Marken on this missional road is also researched. It shows that the Spirit of God is already transforming Marken and it can be seen in normal, natural experiences which helped people to recognize the work and the intention of the Spirit (Marais, 2007:120) This should give hope to a congregation who battled with a question of survival in the past.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Klein plattelandse gemeentes soos Marken met ʼn lidmaattal van 60 worstel baie keer met die vraag of die gemeente sal kan voortbestaan. Hierdie vraag word beïnvloed deur individue en ander groter gemeentes se persepsie oor klein gemeentes en dat klein gelykstaande aan minderwaardigheid is. Die lewensvatbaarheid van klein gemeentes word na aanleiding van ʼn modernistiese vertrekpunt beoordeel. Hiervolgens is ʼn groot lidmaat getal ʼn belangrike norm vir bestaansreg. Die eiesoortigheid van klein plattelandse gemeentes word meesal nie in berekening gebring wanneer oor die lewensvatbaarheid van sulke gemeentes gedink word nie. Die bedieningstyle en programbenaderings in groot gemeentes word dikwels ook voorgehou as die ideaal en dit lei daartoe dat klein gemeentes hulle daaraan meet en hulle eie Godgegewe uniekheid uit die oog begin verloor. Die voortbestaansvraag van die gemeente word aangespreek deur die gemeente te begelei om haar missionale roeping te ontdek. ʼn Gemeente soos Marken moet besef dat ʼn klein gemeente ook ʼn spieëlbeeld van God se koninkryk kan en moet wees. Missionale teologie, trinitariese teologie en die missio Dei is in mekaar gevleg. NG Gemeente Marken se uitdrukking as kerk in en vir die wêreld moet gemodelleer word in God se drie-enige uitdrukking van sy sending in die wêreld deur die geskiedenis soos dit gereflekteer word in die Bybelse getuienis. As sending dan essensieel God se sending is, dan is die Triniteit die fondasie vir missionale teologie. Die transformasie van NG Gemeente Marken wat worstel met ʼn voortbestaansvraag na ʼn missionale gemeente is dus die doelwit van die studie. Die gemeente se geskiedenis, haar identiteit / kultuur speel ewe-eens ʼn belangrike rol. In die geskiedenis van die gemeente kan duidelik gesien word dat verskeie gebeure soos die lang afwesigheid van ʼn eie leraar, ʼn tekort aan finansies en ʼn kerkskeuring aanleiding gegee het tot die voortbestaansvraag van die gemeente. Die gebeure het ʼn tendens na vore laat tree waarin die gemeente haarself as klein beskryf. Hierdie identiteit is ook bevestig met die etnografiese navorsing en dit het deel geword van die kultuur van die gemeente. Al hierdie faktore het ʼn invloed op die mees prominente of diepste vraag wat in die harte van die 60 lidmate leef. “Hoe kan die NG Gemeente Marken voortbestaan?” Om hierdie vrae te verstaan en te begin antwoord is dit belangrik om die gemeente in haar konteks te verstaan. Die gemeente is geleë in Limpopo provinsie en vorm deel van Mogalakwena munisipaliteit waar ongeveer 300,000 hoofsaaklik Pedi sprekende mense woon. Demografiese realiteite en die migrasie patroon in die kontekstuele analise toon aan dat die gemeente nie kan staat maak op die normale manier van groei deur geboorte en bevolkingsaanwas nie. Die kontekstuele analise is gedoen as ʼn stap in die proses om die fokus van Marken op oorlewing aan te spreek en die gemeente se oë oop te maak vir die werklikheid rondom die gemeente en sodoende dan te kan deelneem aan God se missio Dei. Die gemeente se deelname aan God se missio Dei kan beskryf word as ʼn reis. In die studie word die eerste treë van Marken in hierdie missionale reis ook nagevors. Dit toon aan dat die Gees van God besig is om Marken te transformeer en dit kan soos wat Frederick Marais (2007:120) dit stel waargeneem word in die “gewone, natuurlike ervarings wat mense tot die oortuiging laat kom van die werk en die bedoeling van die Gees.” Dit moet hoop gee aan Marken wat in die verlede met die vraag geworstel het of die gemeente kan voortbestaan.
Description
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2011.
Keywords
Missio Dei, Dissertations -- Practical Theology and Missiology, Theses -- Practical Theology and Missiology
Citation