English as a Lingua Franca and English in South Africa : distinctions and overlap

Date
2011-03
Authors
Onraet, Lauren Alexandra
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study investigates the prevalent, typical linguistic and discursive features of English as it is used as a shared medium of communication by speakers who do not share a first language in the Western Cape (i.e. as a lingua franca). These features were compared to those found in certain second-language varieties in South Africa, namely Black South African English, Cape Flats English and Afrikaans English. Fourteen female students from the University of Stellenbosch between the ages of 18 and 27 from various first language backgrounds were recruited for the data collection. A closed corpus was created in which recordings were made of semi-structured conversations between the participants, paired in seven groups of two speakers each. These recordings were then transcribed. In order to identify and analyse the English as a lingua franca (ELF) phenomena that arose, reference was made to the various linguistic features and methods of analysis of ELF suggested in House (2002), Seidlhofer (2004) and Meierkord (2000), amongst others. These features were then analysed and compared with the features reported in the literature on second-language varieties of English in South Africa. The study reveals that the South African ELF spoken by the participants displays similar features to the ELF(s) spoken in Europe, although certain European ELF features that occur in South African ELF are used to fulfil different functions. The study disclosed three ELF phenomena which have not been reported as such in the European ELF literature and therefore seem to be unique to the South African ELF context. Specifically, these are auxiliary dropping (AUX-drop), explicit self-doubt of a speaker‟s own ELF proficiency, and thinking aloud. Finally, certain South African ELF features are also reported to be features of South African second-language varieties (e.g. AUX-drop).
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek heersende, tipiese eienskappe van Engels wat beskryf word as linguisties en diskursief, spesifiek soos die eienskappe voorkom in Engels as ‟n gemeenskaplike vorm van kommunikasie tussen sprekers in die Wes-Kaap wat nie ‟n eerste taal gemeen het nie (m.a.w. waar Engels as ‟n lingua franca gebruik word). Dié eienskappe is vergelyk met ander wat gevind is in sekere tweedetaal-variëteite in SuidAfrika, naamlik Black South African English, Cape Flats English en sg. Afrikaans English. Veertien vroulike studente van die Universiteit van Stellenbosch tussen die ouderdomme van 18 en 27 en met ‟n verskeidenheid eerstetaal-agtergronde is gebruik vir die datainsameling. ‟n Geslote korpus is gevorm bestaande uit opnames van semi-gestruktureerde gesprekke tussen die deelnemers. Laasgenoemde is verdeel in sewe groepe van twee sprekers elk. Hierdie opnames is later getranskribeer. Ten einde die relevante Engels-aslingua-franca (ELF)-verskynsels te identifiseer en te analiseer, is daar eerstens gekyk na verskeie linguistiese eienskappe en metodes van analise van ELF soos voorgestel deur, onder andere, House (2002, 2009), Seidlhofer (2004) en Meierkord (2000). Hierna is die waargenome eienskappe geanaliseer en vergelyk met die eienskappe wat gerapporteer is in die literatuur oor tweedetaal-variëteite van Engels in Suid-Afrika. Die studie toon dat die Suid-Afrikaanse ELF wat deur die deelnemers gebruik word, soortgelyke eienskappe vertoon as ELF in die Europese konteks, met die uitsondering dat sekere Europese ELF-eienskappe wat in Suid-Afrikaanse ELF voorkom, plaaslik ander funksies vervul. Drie ELF-verskynsels wat nie as sodanig in die literatuur oor Europese ELF gerapporteer is nie, is gevind en is dus waarskynlik eiesoortig aan die Suid-Afrikaanse ELF-konteks. Dít sluit in hulpwerkwoord-weglating (sg. AUX-drop), eksplisiete uitspreek van onsekerheid oor ‟n spreker se eie ELF-bevoegdheid, en hardop dink. Ten slotte is daar ook gevind dat sekere Suid-Afrikaanse ELF-eienskappe tegelykertyd eienskappe van Suid Afrikaanse tweedetaal-variëteite is, soos bv. weglating van die hulpwerkwoord.
Description
Thesis (MA (General Linguistics))--University of Stellenbosch, 2011.
Bibliography
Keywords
Lingua franca, Theses -- Linguistics, Dissertations -- Linguistics
Citation