Stellenbosch Media Forum

Browse

Recent Submissions

Now showing 1 - 5 of 7
  • Item
    Stellenbosch Media Forum 2003
    (Stellenbosch : University of Stellenbosch, 2003) De Swardt, Salie; Moos, Ainsley; Froneman, Johannes; Wrottesley, Stephen; Shaikh, Mohamed; Pelesa, Mmuso; Sidego, Conrad; Ansell, Gwen; Van Zyl, Lizma; De Beer, A.S.; Mchunu, Sandile; Wiese, Tobie; Rabe, Lizette; Pestana, Cathy; Jordaan, Willem; Joubert, Jan-Jan; Nxasana, Sizwe; Kruger, Anne; Hoffman, Gerjo; Wasserman, Herman; Binge, Herman; Du Plessis, Tim; Booyens, Bun; Malan, Mia; Van der Vyfer, Marita
    "Die sorgsame inagneming van die geskiedenis is deel van sy verantwoordelikheid. Maar terselfdertyd is vernuwing dwingend deel van sy taak," skryf die kanselier, prof. Elize Botha, in die Universiteit van Stellenbosch se jongste jaarverslag oor die rol van die nuwe rektor in die "Heiligen Hailen" van hierdie besonderse universiteit op hierdie besonderse dorp in hierdie besonderse land -in hierdie besonderse tyd. Die woorde van Prof Elize, wat haar loopbaan as joernalis begin het, en onder andere ook 'n lid van Naspers se moederdireksie is, kan ook op ons departement toegepas word. Ook op die joernalistiek en die media. Die geskiedenis is deel van ons verantwoordelikheid. En dit moet verreken word. Nie verniet nie is ons die "geskiedskrywers op galop" - "history in a hurry". Maar ewe veel is dit die joernalistiek en die media se rol om 'n katalisator te wees vir die dwingende vernuwing op alle terreine in ons gemeenskappe en in ons land. Die Departement Joernalistiek, wat met hierdie jubileumuitgawe 25 jaar van joernalistiek-opleiding aan die US vier, het, soos die media die afgelope 25 jaar, deur sy eie transformasie gegaan. Van mense, tegnologie, kursus-inhoud. Dit was altyd 'n departement aan't morfeer, 'n weerspieeling van die mediabedryf self. Reg van die begin af. Wie van daardie eerste klas in 1978 onthou nie die terugkoms na die winterwegbreek, en die afvaardiging wat die professor in sy eie "Oval Office" gaan spreek het nie? Moet 'n mens ook byvoeg, 'n professor wat vinnig agter teekoppies (en natuurlik, ook die vrug van die omgewing) in 'n Pa Piet getransformeer het. Dit het gegaan oor die Vreeslike Verskrikking, by name Shorthand en Snelskrif. Oulike studente - soos wat die departement nog altyd gehad het - het naamlik in die vakansie 'n groot ontdekking gemaak. Dit staan nie in die boek van die lewe, oftewel die jaarboek, dat die twee S'e deurgekom moet word om die kursus te slaag nie. En: het Sy Eminensie dalk al van bandopnemers gehoor? Die kursus is summier getransformeer na een waar die Piet slegs maar 'n beroep kon doen op ons om tog maar ter wille van die joernalistiek te probeer. Dit was die begin, glo sommige van ons graag, van die tegnologiese revolusie in die media. Een van daardie eerste klas se studente, ons eie "verdwaalde hippie", het immers toe al gedroom van 'n rekenaarprogram waarvoor jy slegs maar die inligting invoer, 'n knoppie druk, en die rekenaar prut voort op die storie. Sonder die pyn en lyding van 'n intro skryf. En herskryf en weer skryf. En dan poleer tot hy blink, en dan die tweede paragraaf, en so voort tot die laaste pynlike paragraaf. But let's take the focus back to the department. It has developed in such a way that it today delivers multi-skilled, multi-media beginner-journalists to the industry in its BPhil programme (the former BHons). In its master's programme it gives practising Journalists an opportunity to "sharpen the sword." And for those who want to take it even further, the DPhil in journalism is in place. At the same time we have literally moved from the old black Olivetti's and "takes" to state of the art computers, complete with digital editing programmes for TV production - shot on digital video cameras. Yet, beyond the practical skills, the department has built a reputation of delivering well-rounded beginners, those with not only exceptional practical skills, but especially with exceptional conceptual skills. Journalists who are able to analyse and contextualise - the most important skills for the profession. This is thanks to the lecturers who over the years contributed to build the department's curriculum. From founder-professor Piet Cillie, to his successor Johannes Grosskopf, to the third head, George Claassen, plus all their co-lecturers. This past 25 years have also seen our media developing from the "most free" oppressed media in the world to a media where freedom of expression as entrenched in our constitution sets an example to the world. The media's role in our so-called "fledgling democracy", however, is more important than ever. And we need to train future Journalists who will have the knowledge, the skills, the passion and the heart to serve our democracy, and to be servants to our people. For the standards set, and the challenges to live up to, I want to thank all who went through the front door of Protea, 26 Crozier Street, over this past 25 years. Thank you for your example. And wishing success and sweet years of learning and discovering to all those who still have to experience Stellenbosch in springtime.
  • Item
    Stellenbosch Media Forum 2004
    (Department of Journalism, Stellenbosch University, 2004) Marais, Jana; Rees, Meagan; De Vries, Florence; Kuschke, Jazz; Vermaak, Pieter; October, Alicestine; Coetzee, Nerisa; Taunyane, Molebogeng; Marshall, Jill; Hall, Wendy; Gerber, Amelda; Luxande, Manelisi; Webb, Délani; Mvana, Mbulelo; Botha, Benescke; Theart, Cara; Seabi, Philly; Breytenbach, Karen; Van den Berg, Marzanne; De Wet, Dawid; University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Journalism.
    The great poet Robert E. Frost in his The Road Not Taken wrote of the "road less travelled by". He stood at the crossroads and surveyed his two choices, regretting not being able to travel both. One had clearly been well trodden -the popular choice - while the other seemed untouched and "wanted wear". He then took the "road less travelled by" and says "that has made all the difference." He could have been a journalist. Journalists often take the road less travelled. At times it can become precarious, lonely and filled with anguish. But it can also be overflowing with excitement, intrigue and the satisfaction of bringing news to the world - being the ears, eyes and voices of the people. Imagine if no-one ever took the less popular route. How many stories would have gone untold, lost in the mire of obscurity? There are still so many things for journalists to see, to write, to do and to say. This year, the future journalists of South Africa bring to you SMF: Moving the Media. To coincide with the 10th year of democracy, the articles explore the ways in which the media has changed, what's been happening and where it's going. Filled with insights from expert observers and participators, the stories told and photographs displayed are an amalgamation of the work learned by the BPhil journalism students at the University of Stellenbosch. The writers and photographers hope to access and understand a small cog in our great media machine. We have chosen to take the road less travelled by. And we will make all the difference. Die verskil wat ons wil maak sal hopelik gesien en gehoor word en weerklink deur die bedryf. Die woorde, klanke en beelde wat joernaliste die wereld instuur, word deur miljoene mense gebruik. Ons kan ons nie 'n wereld voorstel waaraan daar geen mediablootstelling is nie. Dis 2004 - tien jaar na die begin van demokrasie in Suid Afrika. Die media se rol het beslis verander en met SMF probeer ons van hierdie veranderinge ontleed en bespreek. Die artikels en foto's vertel wat die afgelope tien jaar in die Suid-Afrikaanse media gebeur het. Ons kyk na die media soos net die media na homself kan kyk, in die tradisie van die Columbia Journalism Review en The Media, en as joernalistiekstudente uit die oogpunt van aspirant-mediapraktisyns. Ons deel saam in die opwinding, die pyn, die verrassings en teleurstellings. Ons erken die foute en vier die suksesse. Wie weet waar ons oor tien jaar sal wees? Een ding is seker: ons gaan 'n verskil maak.
  • Item
    Stellenbosch Media Forum 2005
    (Department of Journalism, Stellenbosch University, 2005) Steyn, Louise; Jellars, Janine; Silke, Bryan; Ebrahim, Shanaaz; Njwabane, Msimelelo; Ketteringham, Andrea; Linström, Giselle; Groenewald, Anneli; Bind, Carolyn; Kotzé, Henno; Botha, Lucille; Buffel, Ema; Johannes, Janice; Strydom, Eppy; Thsisela, Namhla; Viljoen, Michelle; Bosman, Natalie; Raymond, Leanne; Maggo, Eduan; Van Rooyen, Fanie; Van Zyl, Alet; Du Bois, Marie-Louise; University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Journalism.
    "Journalists see change nowhere as evident as in journalism itself," skryf Mitchell Stephens in A History of News (1988). Dit het ons ook vanjaar in die Suid-Afrikaanse media-landskap gesien. Die "wulpse sussie" het 'n nuwe fase van haar lewe bereik en is nou die flavour of the week. Sy's juicy, sexy, toeganklik en tog so provocative. Baie wil haar koop, want sy's hot property, my bru. Ja, die onderwerp is tabloids - vanjaar die vuurwarm besprekingspunt, nie net in mediakringe nie - oral. Veral onder sekere sedebewakers. Ook in Stellenbosch se joernalistiekklas was daar besondere belangstelling in hierdie nuwe medium. Gassprekers en dosente is dikwels - nog voor daar geleentheid vir vrae gegee is - hieroor gekonfronteer. Koos Bekker, besturende direkteur van Naspers, wou weet of ons dan nie vrae oor werksmoontlikhede het nie. Die antwoord: "ons wil eintlik meer van die tabloids weet!" Langenhoven sou trots wees op hierdie klas. Hy het nie verniet gese 'n mens moet weet waar jy vandaan kom om te weet waarheen jy oppad is nie. Dit is presies wat ons met die publikasie wil doen. Ons kyk na waar tabloids vandaan kom. En uiteraard waarheen hulle oppad is. Hoe word die huidige medialandskap beinvloed? En seker die belangrikste: watter kwessies ontstaan in die proses? We spoke to the people, got their opinions and ironically, let the facts not stand in the way of a good story. It is no rumour that tabloids have made an enormous impact on the market and are even outselling established traditional daily broadsheets by the thousands. And they have readers by the millions. It is also no rumour that the journalistic approach and principles, or lack thereof, that some of these tabloids follow, have an impact on journalism and its development. Our SMF team found strong arguments against this latest addition to our newsstands, but also strong arguments in support of the valuable role that these papers play in some communities. Ek dink die antwoord le nie daarin om die groeiende tabloid-bedryf te stuit nie, maar eerder om plek te maak vir 'n meer diverse medialandskap. Dr. Jakes Gerwel, voorsitter van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, skryf in sy voorwoord tot redakteur Adrian Hadland se Changing the Fourth Estate - Essays on South African Journalism, gepubliseer deur HSRC Press: "Kwaliteitjoernalistiek verwys egter nie net meer na die gewone kenmerke van knap skryfwerk en evokatiewe klankgrepe nie." Dit "vereis 'n media wat divers is, die verhale vertel van mense wat op 'n miljoen verskillende maniere bydra tot die opbou van 'n nuwe land". So, wie weet, met 'n bietjie leiding kan die "wulpse sussie" dalk gou volwasse raak en haar plek volstaan in 'n opwindende medialandskap wat in alle opsigte inlig, opvoed en vermaak.
  • Item
    Stellenbosch Media Forum 2006
    (Department of Journalism, Stellenbosch University, 2006) Norris, Philippa; Gerber, Jan; Grobbelaar, Retha; Atmore, Elizabeth; Hans, Thobile; McKune, Craig; Visser, Jaco; Bekker, Niel; Atson, Lara; Smith, Cherice; Roberts, Richard; Schoeman, Aldi; Leibrandt, Rowena; Vollgraaff, René; Bottomley, Edward-John; Smith, Samarie; Stanfield, Marilyn; Mulder, Gerhard; Tongha, Amanda; Monama, Tebogo; Stam, Talitha; Molewa, Daphney; Begbie, Yolaan; Steenkamp, Terence; Van Zyl, Jeanri-Tine; De Villiers, Emmie; Van Rensburg, Dewald; University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Journalism.
    Die versoeking was groot om hierdie uitgawe van SMF aan Jacob Zuma op te dra. Die ironiese waarheid is immers dat vanjaar se tema, Seks en die Media, grootliks deur hom en sy sekskapades geïnspireer is. Aangesien hy egter in sy toespraak as Nasionale Persklub se nuusmaker van die jaar gesê het hy sal enige iets doen sodat die media hom kan uitlos, het ek daarteen besluit. Dié man het immers twee keer in ses maande in die hof geseëvier, wie weet waartoe hy nog in staat is? En ek is eintlik ’n Thabo-fan. Vanjaar se SMF kyk na hoe seks die media beïnvloed en deur die media hanteer word. “Seks” is immers nie net die voortplantingsdaad nie. Dis ook geslag, gender, seksualiteit en sexy-geit. The In die Nuus section focuses on people and events that the media associated with sex during the past year. In Naked Truth pornography and page three girls enjoy the limelight. People and topics that seldom have a voice in the media speak up in the Hush-Hush section. The influence of the law on the media is highlighted in Media & Law, whereafter Identiteit focuses on how the media often dictate gender roles. Pop Culture entertains with the role of sex in other types of media – music, movies, radio and television. Die Akkers en Aikônas op bladsy 80 is SMF se Oscars en Raspberries (Zumies?). Daar is pluimpies vir diegene wat volgens die redaksie goeie werk in die media gedoen het en teregwysings vir dié wat volgende keer langer moet dink voor hulle doen, praat of skryf. SMF was ’n spanpoging, die produk van ’n jaar se saamwerk en dikwels teen mekaar stry om te wys wat óns kan doen. Hopelik sal dit ook elke leser laat nadink oor die rol en plek van seks in die media. Dalk beland ’n kopie selfs op Jacob Zuma se lessenaar.
  • Item
    Stellenbosch Media Forum 2007
    (Department of Journalism, Stellenbosch University, 2007) Grobler, Riëtte; Africa, Siyabonga; Scholtz, Herman; Cillié, Joanita; Styan, James-Brent; Petersen, Margaux; Gregor, Simone; Uithaler, Jocelyn; McNaught Davis, Ian; Adriaanse, Cobus; Els, Rozanne; Segage, Tsholofelo; Frantz, Illana; Conchar, Claire; Schreuder, Gina; Engelbrecht, Sarietha; McGuire, Juliet; Van Niekerk, Alida; Du Plessis, André-Pierre; Du Plooy, Daniëlla; Van der Spuy, Anri; Van der Merwe, Naudé; University of Stellenbosch. Faculty of Arts and Social Sciences. Dept. of Journalism.
    When the High Court ruled that the Sunday Times may not publish cartoons about the prophet Mohammed, it sent out a powerful message: religious people have a constitutional right to be protected from hate speech and discrimination. This right, however, does not guarantee immunity from debate and criticism. Godsdienste se skynbaar onaantasbare status is nie 'n reg nie, maar 'n tradisionele voorreg. 'n Heilige koei. Godsdiens is relevant omdat sommige godsdienstige groepe die gebruik van kondome teenstaan terwyl die wereld die grootste pandemie nog in die gesig staar. Dit is relevant omdat sangoma's en tradisionele geneeshere lakseermiddels toedien om duiwels uit te dryf, MIV met vrugte en groente bestry en onkunde aanvuur. Religion is relevant because religious groups contribute to the social security and moral fibre of society. It is relevant because the neo-conservative leaders of the only remaining superpower deem it their "God-given duty" to eradicate the "Axis of Evil". Religion is relevant because international terrorism is a reality. En godsdiens is uiters relevant vir die media omdat dit die lewens van 'n oorweldigende meerderheid Suid-Afrikaners rig. To avoid the discussing of the pro's, con's and influence of religion, would be like ignoring politics in a democracy. Vanjaar se SMF het dus ten doel om te ondersoek hoe die media die uiters sensitiewe maar belangrike onderwerp hanteer. Dit is nie 'n opsomming van die jaar se nuusgebeure op die godsdiensterrein nie. Dit is ook hoegenaamd nie objektief of gebalanseerd nie. In kort - presies hoe die Suid-Afrikaanse media se godsdiensverslaggewing lyk. SMF is die vrug van 'n paar maande se debat, herkou, stoei en selfs bakleiery onder redaksielede met uiteenlopende geloofsoortuigings. We hope that this issue will be a mirror for all the gatekeepers in the media who are confronted with religion on an everyday basis. Die redaksie het oor koeitjies en kalfies geskryf, ou koeie uit die sloot gegrawe en - natuurlik - in die proses 'n paar heilige koeie afgeslag. Bon appetit!