The identity of the preacher : a homiletical-critical study in Korean Presbyterian church

Date
2010-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This dissertation deals with the relationship between the problems of the Korean Presbyterian Church and the identity of the Korean Presbyterian preachers. The study offers guidelines for the future by analyzing and evaluating the Korean Presbyterian Church context related to the Korean history according to Thomas Long.s guidelines. Chapter 1 is a statement of the problems faced by the Korean Presbyterian Church such as the blessing of success rather than the blessing of suffering, false success and a distortion of the preacher.s identity, the idolization of the preacher, secularization during the period of economic growth, and the inheritance of authority, fame, and status. Through an analysis and evaluation of these aspects, we are able to suggest guidelines for the future. Chapter 2 is the analysis of the Korean context, which shows us that many foreign missionaries dedicated themselves to the Korean people, led the Korean Presbyterian preachers to hold a herald image though theological, social, political, economical, and cultural factors made the Korean Presbyterian preachers choose between three positions, viz. conservative, progressive, and centralist. In addition, this chapter shows that the difference of theological, political, and social opinion, localism, and the problem of WCC joining, and so forth positioned Hyung-Nong Park (1897-1978), Jae-Jun Kim (1901-1987), Sang-Dong Han (1901-1976), and Kyung-Chik Han (1902-2000) at the centre of the split of the Korean Presbyterian Church. Chapter 3 is the homiletical evaluation of the identity of four Korean Presbyterian preachers according to Thomas Long.s guidelines. This evaluation shows that Hyung-Nong Park and Sang-Dong Han had a herald image, Jae-Jun Kim a pastoral and storytelling image, and Kyung-Chik Han a witness image as regards their respective lives and theological views. Chapter 4 analyzes and evaluates the identity of contemporary Korean Presbyterian preachers based on 145 Korean Presbyterian preachers. question sheets according to Thomas Long.s guidelines. In addition, the chapter shows that these preachers have a positive idea concerning the relationship between God, the preacher, the Bible, and the congregation and are trying to maintain the merits of the four metaphors. Chapter 5 offers guidelines for the future, which suggests the role of the Holy Spirit and prayer as an alternative to overcome the Korean Presbyterian Church.s problems such as an identity distortion, idolization, and secularization of the preacher based on a relationship between God, the preacher, the Bible, and the congregation. The Holy Spirit is the greatest Preacher, the co-worker with the preacher and vindicator of the preacher.s authority. Prayer invigorates, strengthens and energizes the preacher. In conclusion, this chapter suggests the acceptance of ¡°the unity of diversity¡±, preachers. sincere, faithful, and devotional life, and the restoration of the power of God.s Word, prayer, and the Holy Spirit as guidelines for the future.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie proefskrif handel oor die verhouding tussen die probleme van die Koreaanse Presbiteriaanse Kerk en die identiteit van die Koreaanse Presbiteriaanse predikers. In die lig van Thomas Long se riglyne, verskaf die studie leidrade vir die toekoms deur middel van . analise en evaluasie van die konteks van die Koreaanse Presbiteriaanse Kerk in verband met die geskiedenis van Korea. Hoofstuk 1 vermeld die probleme wat die Koreaanse Presbiteriaanse Kerk in die gesig staar soos die seen van sukses eerder as die seen van lyding, valse sukses en . verdraaiing van die prediker se identiteit, die verafgoding van die prediker, sekularisasie gedurende die periode van ekonomiese groei en die vererwing van mag, roem en status. Deur middel van . analise en evaluasie is dit vir ons moontlik om riglyne vir die toekoms aan te bied. Hoofstuk 2 is . analise van die Koreaanse konteks waardeur aangetoon word dat baie buitelandse sendelinge hulself aan die mense van Korea gewy het, die Koreaanse Presbiteriaanse predikers gelei het om aan . boodskapper beeld vas te hou alhoewel teologiese, sosiale, politiese, ekonomiese en kulturele faktore die Koreaanse Presbiteriaanse predikers laat kies het tussen die konserwatiewe, progressiewe en sentralistiese posisies. Daarbenewens toon die hoofstuk aan dat die verskil in teologiese, politieke en sosiale mening, lokalisme en die probleem van die WCC aansluiting en so meer, Hyung-Nong Park (1897-1978), Jae-Jun Kim (1901-1987), Sang-Dong Han (1901-1976), en Kyung-Chik Han (1902-2000) in die middel van die Koreaanse Presbiteraanse Kerk skeuring geplaas het. Hoofstuk 3 is . homiletiese evaluasie van die identiteit van vier Koreaanse Presbiteriaanse predikers volgens die riglyne van Thomas Long. Hierdie evaluasie toon aan dat, in terme van hulle onderskeie lewens en teologiese opvattings, die beeld van boodskapper op Hyung-Nong Park en Sang-Dong Han van toepassing was, die beeld van herder op Jae-Jun Kim en beeld van getuie op Kyung-Chik Han betrekking gehad het. Hoofstuk 4 analiseer en evalueer die identeit van hedendaagse Koreaanse Presbiteriaanse predikers gebasseer op 145 Koreaanse Presbiteriaanse prediker vraelyste op grond van Thomas Long se riglyne. Daarbenewens toon die hoofstuk aan dat hierdie predikers . positiewe seining het rakende die verhouding tussen God, die prediker, die Bybel en die gemeente en poog om dit wat wesentlik is aan die vier metafore te behou. Hoofstuk 5 bied riglyne vir die toekoms aan wat die rol van die Heilige Gees en gebed as alternatiewe voorstel om die probleme van Koreaanse Presbiteriaanse Kerk soos identiteitsverdraaiing, verafgoding en sekularisasie van die prediker, in die lig van die verhouding tussen God, die prediker, die Bybel en die gemeente, die hoof te bied. Die Heilige Gees is die grootste Prediker, die medewerker van die prediker en verdediger van die prediker se gesag. Ter afsluiting stel hierdie hoofstuk die aanvaarding van geenheid in verskeidenheid h, predikers se opregte, getroue en toegewyde lewens en die herstel van die krag van God se Woord, gebed en die Heilige Gees as riglyne vir die toekoms voor.
Description
Thesis (DTh (Practical Theology and Missiology))--Stellenbosch University, 2010.
Keywords
Identity, Preacher, Homiletics, Dissertations -- Practical Theology and Missiology, Theses -- Practical Theology and Missiology
Citation