Undergraduate speech-language therapy students’ perceived competence to treat persons who stutter following an additional training component using a simulated patient

Date
2010-12
Authors
Vermeulen, Carianne
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
AFRIKAANSE OPSOMMING: Doel: Te min spraak-taalterapeute (STT’e) wêreldwyd spreek vlotheidsversteurings aan. Dit mag aan hul gevoelens van onbevoegdheid in die hantering van persone wat hakkel toegeskryf word. Nuut-gegradueerde STT’e, in die Suid-Afrikaanse konteks, het dikwels nie toegang tot ondersteuning en leiding van ervare klinici om hul vaardighede en bevoegdheid in die hantering van persone wat hakkel, te ontwikkel nie. Die doel van hierdie studie was om voorgraadse STTstudente se persepsies van hul eie bevoegdheid om persone wat hakkel te hanteer, te ondersoek en beskryf 1) direk na die voltooiing van hul teoretiese module en voor kliniese plasing, en 2) na blootstelling aan ‘n bykomende opleidingskomponent waar hulle waargeneem het hoe intervensieprosedures op ‘n gesimuleerde pasiënt toegepas word. Metodes: ‘n Beskrywende opnameontwerp, met pre- en post-intervensie-vraelyste is gebruik om die andragogiese benadering se impak op studente, voor en nadat hulle die bykomende opleidingsgeleentheid ontvang het, te evalueer. Resultate: Voor die intervensie het die meeste studente hulself nie as bevoegd geag om persone wat hakkel te evalueer of behandel nie. Na die intervensie is statisties beduidende veranderinge in die studente se self-ervare bevoegdheid vir die meeste aspekte verwant aan die evaluering en behandeling van mense wat hakkel, gerapporteer. Opsomming: Daar is tot die gevolgtrekking gekom dat die studente hierdie tipe innoverende opleidingsmetodologie hoog op prys stel en dat dit ‘n nodige aanvulling tot studente se bestaande kliniese plasings is.
Description
Thesis (MPhil (Centre for Health Sciences Education)--University of Stellenbosch, 2010.
Keywords
Stuttering -- Therapy, Fluency disorders -- Therapy, Dissertations -- Health sciences education, Theses -- Health sciences education, Speech-language therapy
Citation