The development and assessment of a family resilience-enhancement programme

Date
2010-12
Authors
Holtzkamp, Joanita
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: A probe into resilience research has revealed that psychologists have taken on the role of “keepers of the crypt”, where our attained knowledge has been “entombed” by virtue of our reluctance to allow it to bear practical fruition. Consequently, the impetus of the research is a response to the aforementioned gap and is explicated in four phases: Phase 1: A detailed literature review consisting of the review and integration of appropriate preceding resilience research, thereby serving as a possible reference guide for future studies; Phase 2: Provision of a succinct, comprehensive framework for programme development within the field of psychology; Phase 3: Family hardiness was selected as the resilience quality to be attended to via the development of a universal, multidimensional resilience-enhancement programme; Phase 4: An assessment of whether the resilience-enhancement programme is successful in developing the selected resilience quality in families. Following the salutogenic approach, the main theoretical foundation of the investigation resides in the Resiliency Model of Stress, Adjustment and Adaptation (McCubbin & Thompson, 1991). The significant contribution of the research is its provision of a framework for programme development within the field of psychology. Self-report questionnaires and open-ended questions were completed by mothers as representatives of their families. Therefore, the research amalgamated both qualitative and quantitative measures in its quasi-experimental, pretest-posttest natural control-group research design. A total of fifty families living in the Western Cape, South Africa participated in the research. The statistical trends observed in the study hinted at the enhancement potential of family hardiness. It became evident that gender, level of education, income and occupation, emotional intelligence and the time frame of interventions affected the enhancement potential of family hardiness. Age may also play a role, but the conflicting research results render conclusions about the correlation between age and hardiness questionable. Comparative studies would clarify this aspect. Future studies attempting to develop these findings further, need to consider the influence of factors such as gender, level of education, income and occupation, emotional intelligence and the time frame of interventions. Family hardiness is but one of the identified resilience qualities. An exploration of the enhancement potential of other identified resilience qualities will provide a plethora of interventions for service providers to choose from, enabling them to meet families and communities at their point of need.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Nadere ondersoek van veerkragtigheidsnavorsing het aangedui dat sielkundiges die rol van “bewaarders” aangeneem het, waar ons versamelde kennis verberg word as gevolg van ons onwilligheid om dit prakties toe te pas. Gevolglik is hierdie navorsing gedoen in respons op bogenoemde gaping in die navorsing, en word dit in vier fases gelewer: Fase 1: ’n literatuuroorsig wat die voorafgaande veerkragtigheidsnavorsing integreer en hersien ten einde as verwysingsgids te dien vir toekomstige studies; Fase 2: Die voorsiening van ‘n omvattende raamwerk vir programontwikkeling binne die veld van die sielkunde; Fase 3: Gesinsgehardheid is gekies as die veerkragtigheidsfaktor om deur middel van ’n universele, multidimensionele program verryk te word; Fase 4: ‘n Bepaling om te ontdek of die veerkragtigheidsverrykingsprogram suksesvol is om die geselekteerde veerkragtigheidsfaktor in families te verryk. Die studie is gedoen vanuit die salutogeniese benadering. McCubbin en Thompson (1991) se “Resiliency Model of Family Stress, Adjustment and Adaptation” is as teoretiese basis benut. Die navorsing se betekenisvolle bydrae lê in die voorsiening van ‘n raamwerk vir programontwikkeling binne die veld van sielkunde. Selfbeskrywingsvraelyste en oop vrae is deur moeders as verteenwoordigers van hulle gesinne voltooi. Die navorsing het dus van beide kwalitatiewe en kwantitatiewe metings gebruik gemaak in die kwasi-eksperimentele voortoets-natoets, natuurlike kontrolegroep navorsingsontwerp. ’n Totaal van vyftig families wat in die Wes-Kaap van Suid Afrika woonagtig is, het aan die navorsing deelgeneem. Die statistiese neigings wat in die navorsing waargeneem is, sinspeel op die verrykingspotensiaal van gesinsgehardheid. Dit het aan die lig gekom dat geslag, opvoedkundige vlak, inkomste en beroep, emosionele intelligensie en die tydsduur van intervensies die verrykingspotensiaal van gesinsgehardheid beïnvloed. Ouderdom kan ook ‘n invloed hê, maar die teenstrydige navorsingsresultate in dié verband maak gevolgtrekkings oor die korrelasie tussen ouderdom en gesinsgehardheid twyfelagtig. Vergelykende studies sal die bogenoemde kan uitklaar. Toekomstige studies wat poog om die bevindinge van hierdie navorsing verder te ontwikkel, moet die invloed van faktore soos geslag, opvoedkundige vlak, inkomste en beroep, emosionele intelligensie en die tydsduur van intervensies in ag neem. Gesinsgehardheid is maar een geïdentifiseerde veerkragtigheidsfaktor. Verdere ondersoeke na die verrykingspotensiaal van ander veerkragtigheidsfaktore sal ‘n oorvloed van intervensies aan diensleweraars beskikbaar stel, ten einde in die behoeftes van families en gemeenskappe te voorsien.
Description
Thesis (DPhil (Psychology))--University of Stelenbosch, 2010.
Keywords
Family resilience enhancement programe, Resilience (Personality trait), Families -- Mental health, Dissertations -- Psychology, Theses -- Psychology
Citation