Vergilius en hiperteks: 'n bespreking van die Aeneidos Electronicum-projek en 'n kritiese vergelykende evaluering van vyf Vergilius webwerwe

Date
2010-12
Authors
Swanepoel, Liani Colette
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The ancient Roman poet Vergil’s great literary epic, the Aeneid, is written in Latin. This so-called “dead” language is already almost three thousand years old and had a rich history and extensive influence on the Western world. The most influential development of the modern era is the World Wide Web (WWW). Hypertext drives the Web. The translation of just one book of the Aeneid can be a protracted process for the Latin student. Usually a great deal of information must be consulted to translate just one line into idiomatic Afrikaans or English. Hypertext can manage, link and rapidly make available large amounts of information. A discussion of Aeneidos Electronicum (“The Electronic Aeneid”) – a web-based electronic text commentary of Book I of the epic – shows the effectiveness of hypertext as a medium to facilitate the translation of the Aeneid. Moreover an examination of the Web determines the extent and nature of Vergil’s presence on it. Finally a critical evaluation of five websites provides an overview of the available resources for the reader/researcher of the classical poet and his works on the Web. The Aeneidos Electronicum-project attempts to show how hypertext can be utilised to make the translation of the Aeneid expeditious and translation aid more accessible. The aim of the project is to support and expand Vergil’s place in the field of computer assisted language learning. The examination and evaluation of the classical poet’s presence on the Web wishes to confirm that his and his works’ enduring influence and impact not only exists on paper, but also in cyberspace. Chapter 2 deals with Latin and Vergil respectively. Chapter 3 discusses the theory of good hypertext and web design. Chapter 4 describes and explains the contents, structure, navigation and design of the Aeneidos Electronicum-project. Chapter 5 examines Vergil’s presence on the Web and critically evaluates five websites according to the principles of good web design. Aeneidos Electronicum utilises hypertext’s ability to manage and link large amounts of information to produce an electronic text commentary of Book I of Vergil’s Aeneid. It is web-based and follows the guidelines of good hypertext and web design to be a userfriendly and extremely functional electronic translation aid. Similar websites exist, but its object is to make Latin students’ experience of Vergil and his great epic easy, informative and enriching. Vergil’s presence on the Web is considerable and there is a wide variety of websites with information and interactivity for study of the classical poet and his works available to the student/teacher/researcher as well as the lay person. The random sample of five websites shows not only the application of good and less effective web design principles, but also the predominantly good quality and importance of the presentations. Thus Vergil and his works gain further ground in computer assisted language learning and he lives on in the 21st century with all the possibilities that the Web and hypertext can offer.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die antieke Romeinse digter Vergilius se grootse literêre epos, die Aeneïs, is in Latyn geskryf. Dié sogenaamde “dooie” taal is al ongeveer drieduisend jaar oud en het ’n ryke geskiedenis en omvattende invloed op die Westerse wêreld gehad. Die invloedrykste tegnologiese ontwikkeling van die moderne era is die Wêreldwye Web (WWW). Hiperteks dryf die Web. Die vertaling van net een boek van die Aeneïs kan ’n langdurige proses vir die Latyn-student wees. ’n Magdom inligting moet gewoonlik geraadpleeg word om net een reël in idiomatiese Afrikaans of Engels te vertaal. Hiperteks kan groot hoeveelhede inligting hanteer, verbind en vinnig beskikbaar stel. ’n Bespreking van Aeneidos Electronicum (“Die Elektroniese Aeneïs”) – ’n webgebaseerde elektroniese tekskommentaar van Boek I van die epos – toon die effektiwiteit van hiperteks as ’n medium om die vertaling van die Aeneïs te vergemaklik. Voorts bepaal ’n ondersoek van die Web die omvang en aard van Vergilius se teenwoordigheid daarop. Ten slotte bied ’n kritiese evaluering van vyf webwerwe ’n oorsig van die beskikbare hulpbronne vir die leser/navorser van die klassieke digter en sy werke op die Web. Die Aeneidos Electronicum-projek poog om te toon hoe hiperteks ingespan kan word om die vertaling van die Aeneïs te bespoedig en vertaalhulp meer toeganklik te maak. Die oogmerk van die projek is om Vergilius se plek in die rekenaarondersteunde taalonderrigveld te ondersteun en uit te brei. Die ondersoek en evaluasie van die klassieke digter se teenwoordigheid op die Web wil bevestig dat hy en sy werke se blywende invloed en trefkrag nie net op papier voortleef nie, maar ook in die kuberruim. Hoofstuk 2 behandel onderskeidelik Latyn en Vergilius. Hoofstuk 3 bespreek die teorie van goeie hiperteks en webontwerp. Hoofstuk 4 beskryf en verklaar die inhoud, struktuur, navigasie en ontwerp van die Aeneidos Electronicumprojek. Hoofstuk 5 ondersoek Vergilius se teenwoordigheid op die Web en evalueer krities vyf webwerwe volgens die beginsels van goeie webontwerp. Aeneidos Electronicum benut hiperteks se vermoë om groot hoeveelhede inligting te hanteer en te skakel om ’n elektroniese tekskommentaar van Boek I van Vergilius se Aeneïs teweeg te bring. Dit is webgebaseerd en volg die riglyne van goeie hiperteks en webontwerp om ’n gebruikersvriendelike en uiters funksionele elektroniese vertalingshulpmiddel te wees. Soortgelyke webwerwe bestaan, maar dit het ten doel om Latyn-studente se ervaring van Vergilius en sy grootse epos gemaklik, insiggewend en verrykend te maak. Vergilius se teenwoordigheid op die Web is aansienlik en daar is ’n wye verskeidenheid webwerwe met inligting en interaktiwiteit vir studie van die klassieke digter en sy werke vir die student/onderwyser/navorser asook die leek beskikbaar. Die steekproef van vyf webwerwe toon nie net die toepassing van goeie en minder doeltreffende webontwerpbeginsels nie, maar ook die oorwegend goeie gehalte en belangrikheid van die aanbiedinge. Dus wen Vergilius en sy werke nog verder veld in rekenaarondersteunde taalonderrig en leef hy in die 21ste eeu voort met al die moontlikhede wat die Web en hiperteks kan bied.
Description
Thesis (MPhil (Modern Foreign Languages. Hypermedia for Language Learning))--University of Stellenbosch, 2010.
Keywords
Vergil -- Study and teaching, Hypertext, Aeneidos Electronicum, Web-based instruction, Dissertations -- Hypermedia for language learning, Theses -- Hypermedia for language learning, Computer assisted language learning, Web-based electronic text commentary, Electronic Aeneid
Citation