Stellenbosch Media Forum 2005

Date
2005
Authors
Steyn, Louise
Jellars, Janine
Silke, Bryan
Ebrahim, Shanaaz
Njwabane, Msimelelo
Ketteringham, Andrea
Linström, Giselle
Groenewald, Anneli
Bind, Carolyn
Kotzé, Henno
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Department of Journalism, Stellenbosch University
Abstract
"Journalists see change nowhere as evident as in journalism itself," skryf Mitchell Stephens in A History of News (1988). Dit het ons ook vanjaar in die Suid-Afrikaanse media-landskap gesien. Die "wulpse sussie" het 'n nuwe fase van haar lewe bereik en is nou die flavour of the week. Sy's juicy, sexy, toeganklik en tog so provocative. Baie wil haar koop, want sy's hot property, my bru. Ja, die onderwerp is tabloids - vanjaar die vuurwarm besprekingspunt, nie net in mediakringe nie - oral. Veral onder sekere sedebewakers. Ook in Stellenbosch se joernalistiekklas was daar besondere belangstelling in hierdie nuwe medium. Gassprekers en dosente is dikwels - nog voor daar geleentheid vir vrae gegee is - hieroor gekonfronteer. Koos Bekker, besturende direkteur van Naspers, wou weet of ons dan nie vrae oor werksmoontlikhede het nie. Die antwoord: "ons wil eintlik meer van die tabloids weet!" Langenhoven sou trots wees op hierdie klas. Hy het nie verniet gese 'n mens moet weet waar jy vandaan kom om te weet waarheen jy oppad is nie. Dit is presies wat ons met die publikasie wil doen. Ons kyk na waar tabloids vandaan kom. En uiteraard waarheen hulle oppad is. Hoe word die huidige medialandskap beinvloed? En seker die belangrikste: watter kwessies ontstaan in die proses? We spoke to the people, got their opinions and ironically, let the facts not stand in the way of a good story. It is no rumour that tabloids have made an enormous impact on the market and are even outselling established traditional daily broadsheets by the thousands. And they have readers by the millions. It is also no rumour that the journalistic approach and principles, or lack thereof, that some of these tabloids follow, have an impact on journalism and its development. Our SMF team found strong arguments against this latest addition to our newsstands, but also strong arguments in support of the valuable role that these papers play in some communities. Ek dink die antwoord le nie daarin om die groeiende tabloid-bedryf te stuit nie, maar eerder om plek te maak vir 'n meer diverse medialandskap. Dr. Jakes Gerwel, voorsitter van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, skryf in sy voorwoord tot redakteur Adrian Hadland se Changing the Fourth Estate - Essays on South African Journalism, gepubliseer deur HSRC Press: "Kwaliteitjoernalistiek verwys egter nie net meer na die gewone kenmerke van knap skryfwerk en evokatiewe klankgrepe nie." Dit "vereis 'n media wat divers is, die verhale vertel van mense wat op 'n miljoen verskillende maniere bydra tot die opbou van 'n nuwe land". So, wie weet, met 'n bietjie leiding kan die "wulpse sussie" dalk gou volwasse raak en haar plek volstaan in 'n opwindende medialandskap wat in alle opsigte inlig, opvoed en vermaak.
Description
Stellenbosch Media Forum is an annual publication written and produced by the BPhil (Journalism) class of that specific year in the Department of Journalism, Stellenbosch University.
Keywords
Citation