Gebruikersperspektief in die Afrikaanse leksikografie

Date
1999-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study is to investigate the user perspective in Afrikaans lexicography. Placing the user and his needs first, research was done to determine the user-friendliness of Afrikaans dictionaries. In order to conduct such research user target groups had to be identified. This was problematic, since until now, almost no research on Afrikaans dictionary users had been done. An overview of the research on the user perspective is given in the first chapter. Since the teaching of dictionary use in schools forms a substantial part of the user perspective, the present state was investigated. As a result the necessity of teaching of dictionary use in schools has been emphasized and some improvements in this regard have been suggested. The following Afrikaans dictionaries were studied to determine their userfriendliness: Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) and Verklarende Afrikaanse Woordeboek (VAW), Basiswoordeboek van Afrikaans (BA), Reader's Digest Afrikaans-Engelse Woordeboek/English-Afrikaans Dictionarv (RD) and Groot Tesourus van Afrikaans (GT). These dictionaries were investigated with regard to their functions, textual segments and transfer of information. Some more user-friendly models for dictionaries have been suggested. The study is aimed at the metalexicographer, since it has been approached from a theoretical point of view, but also at the practical lexicographer because practical dictionary use has been investigated. Ultimately, it is hoped that this study will contribute towards more user-friendly dictionaries that put the user first.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die studie is om die gebruikersperspektief in die Afrikaanse leksikografie na te vors. In die studie word die gebruiker en sy behoeftes sentraal gestel en daar word nagevors in watter mate Afrikaanse woordeboeke hul gebruikers ter wille is. Vir so 'n studie moet gebruikersgroepe geidentifiseer word en dit op sigself is problematies, aangesien daar feitlik geen navorsing oor Afrikaanse woordeboekgebruikers tot op hede onderneem is nie. 'n Oorsig oor navorsing oor die gebruikersperspektief in die Afrikaanse leksikografie word in die eerste hoofstuk verskaf. 'n Wesenlike deel van die gebruikersperspektief is 'n studie van die stand van woordeboekonderrig in Suid-Afrikaanse skole. Die noodsaaklikheid van woordeboekonderrig in skole word beklemtoon en die huidige stand van sake word ondersoek. Etlike voorstelle word gemaak om woordeboekonderrig in skole te verbeter. Die gebruikersvriendelikheid van verskeie Afrikaanse woordeboeke, te wete Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) en Verklarende Afrikaanse Woordeboek (VAW), Basiswoordeboek van Afrikaans (BA), Reader's Digest Afrikaans-Engelse Woordeboek/English-Afrikaans Dictionary (RD), Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) en Groot Tesourus van Afrikaans (GT) word getoets aan die hand van hul funksies, tekstuele segmente en ontsluiting van inligtingstipes. Verder word gebruikersvriendeliker modelle van woordeboeke voorgestel. Hierdie studie is gerig op die metaleksikograaf, aangesien dit vanuit 'n teoretiese perspektief onderneem is, maar ook op die praktiese leksikograaf, aangesien die praktiese gebruik van woordeboeke bestudeer is. Die oogmerk van die studie is om 'n bydrae te lewer tot die skep van meer gebruikersgerigte woordeboeke waarin die gebruiker en sy behoeftes sentraal gestel word.
Description
Thesis (DPhil)--University of Stellenbosch, 1999.
Keywords
Gebruikersperspektief, Afrikaanse leksikografie, Afrikaanse woordeboeke, Afrikaans dictionaries, User perspective, Metalexicographer, Afrikaans language -- Lexicography, Dissertations -- Afrikaans language, Theses -- Afrikaans language
Citation