The application of the literary forms of the Bible in preaching : a Korean perspective

Date
2010-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The Korean Protestant Church has witnessed some conflicting views regarding theological issues as well as important socio-political events between conservatism and liberalism from the early mission era up to recent times. This discord has obviously been reflected in their preaching. Specifically, their application in preaching has shown a tendency of practicing eisegesis on the text under the influence of social and political ideologies, and traditional religions. In its method of application, the Korean Protestant Church has made use of the imperative, indicative, and instructive styles. The purpose of this thesis is to suggest the use of various relevant applications, which take into account the biblical literary form to overcome eisegesis. This task would be accomplished by a balanced exegesis process through the historical-critical perspective. Chapter 1 of this thesis comprises the introduction, which deals with the research background, motivation, problems in research, hypothesis, delimitations of the research, and proposed outline of the study. Chapter 2 describes the characteristics and phenomena of preaching in each period through the historical overview of the Korean preaching. The history of Korean preaching can be divided into four different periods: firstly, the era of the early missionaries; secondly, the form of the sermon of the Korean Church under Japan’s rule; thirdly, the Korean sermon after the liberation and fourthly the sermon in the midst of a military dictatorship and the rapid growth of the Korean economy. Chapter 3 analyzes the causes of the characteristics and phenomena of the Korean preaching mentioned in Chapter 2. In brief, before the liberation, Korean preaching was strongly influenced by the fundamentalist theology of the early missionaries, the church leaders’ view on the Bible, and political circumstances under colonial rule (the problem of the Shinto shrine worship). After liberation, preaching in the Korean church has been influenced by the prevailing socio-political ideology (the perspective of a separation of the church and state), kibok sinang (belief in prayers for blessings) which was rooted in the traditional religions, and the rise of the Minjung theology which promoted the indigenization of theology. This chapter also examines how these causes influenced the application of preaching in the midst of a conflict between conservative and liberal churches. Chapter 4 deals with the purpose, necessity, principle, and method of application in preaching. Chapter 5 examines the sermonic approach considering the biblical literary form that was suggested by Thomas Long and how it plays a role in application of preaching as a solution to the problems of application that both the conservative and liberal church have. To illustrate this I have highlighted two examples, namely the method of application through imagination in poetry as a genre and the identification of characters in the narrative genre. In conclusion, chapter 6 summarizes the features of Korean preaching and suggests the benefit of application taking into account the literary form in the circumstances of Korean preaching.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die Protestantse Kerk in Korea het, sedert die begin van sendingwerk tot mees onlangs, uiteenlopende gesigspunte sowel as belangrike sosio-politiese gebeure tussen konservatisme en liberalisme aanskou. Die onenigheid is begryplikerwyse in hul prediking gereflekteer. Veral hul aanwending in die prediking het 'n neiging tot eisegese van die teks onder die invloed van sosiale en politiese ideologieë en tradisionele godsdienste getoon. In sy wyse van aanwending het die Koreaanse Protestantse Kerk van die imperatiewe, indikatiewe en instruktiewe metodes gebruik gemaak. Die doel van hierdie tesis is om die gebruik van verskeie relevante aanwendings, wat die literêre vorm van die Bybel in ag neem ten einde eisegese te oorkom, voor te stel. Hierdie taak kan verrig word deur 'n gebalanseerde eksegese proses vanuit die histories-kritiese perspektief. Hoofstuk 1 van hierdie tesis bevat die inleiding wat fokus op die agtergrond van die navorsing, die motivering, navorsingsprobleme, hipotese, afbakening van die navorsing en die voorgestelde profiel van die studie. Hoofstuk 2 beskryf, deur middel van die historiese oorsig van Koreaanse prediking, die karaktertrekke en verskynsels van prediking gedurende elke periode. Die geskiedenis van Koreaanse prediking kan in vier verskillende periodes verdeel word: Eerstens, die era van die vroeë sendelinge; tweedens, die vorm van die preek in die Koreaanse Kerk tydens Japanese beheer; derdens, die preek in Korea na bevryding en vierdens, die preek te midde van militêre diktatorskap en die snelle groei van die Koreaanse ekonomie. Hoofstuk 3 analiseer die oorsake van die kenmerke en verskynsels van Koreaanse prediking soos vermeld in Hoofstuk 2. In kort, voor bevryding was Koreaanse prediking sterk beïnvloed deur die fundamentalistiese teologie van die vroeë sendelinge, die kerkleiers se beskouinge omtrent die Bybel en die politieke omstandighede gedurende die koloniale tydperk (die probleem van die Shinto heiligdom aanbidding). Na bevryding is prediking in die Koreaanse kerk beïnvloed deur die heersende sosio-politiese ideologie (die perspektief van 'n skeiding tussen kerk en staat), kibok sinang (geloof in gebede vir seëninge) wat gewortel was in die tradisionele godsdienste en die opkoms van die Minjung teologie wat die verinheemsing van teologie bevorder het. Hierdie hoofstuk ondersoek ook die invloed van dié oorsake op die aanwending van prediking te midde van 'n konflik tussen konserwatiewe en liberale kerke. Hoofstuk 4 fokus op die doel, noodsaaklikheid, beginsel en metode van aanwending in prediking. Hoofstuk 5 ondersoek die predikingsbenadering met inagneming van die literêre vorm van Bybel soos voorgestel deur Thomas Long en die rol wat dit vervul in die aanwending van prediking as 'n oplossing vir die probleme van aanwending wat deur beide die konserwatiewe en liberale kerk ondervind word. Ten einde hierdie aspek te illustreer het ek twee voorbeelde, naamlik die metode van aanwending deur verbeelding in poësie as genre en die identifikasie van karaktertrekke in die narratiewe genre uitgelig. Ter afsluiting, hoofstuk 6 vat die hoofeienskappe van Koreaanse prediking saam en stel die voordele van aanwending met inagneming van die literêre vorm in die omstandighede van prediking in Korea voor.
Description
Thesis (MTh (Practical Theology and Missiology))--University of Stellenbosch, 2010.
Keywords
Preaching, Prayer, Dissertations -- Practical theology, Theses -- Practical theology
Citation