Die behandeling van zero-ekwivalensie in tweetalige woordeboeke

Date
2010-03
Authors
Rademeyer, Linda
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: In lexicography different types of equivalent relations can be identified regarding bilingual dictionaries namely full equivalence, partial equivalence and zero equivalence. Zero equivalence prevails where the target language has no item to be co-coordinated as a translation equivalent with a lemma representing a source language item. Lexical gaps occur where a language lacks a word for a given concept. Dagut (1981) identifies different types of semantic gaps in the transfer of a text from one language to another. He distinguishes between gaps due to linguistic and extra-linguistic factors. These two categories are called linguistic and referential gaps respectively. A solution for the above mentioned lexicographic problem is given in the present theory of zero equivalence namely surrogate equivalents. The present theory of zero equivalence is expanded in this thesis by making specific reference to its occurrence in Pharos (2005). Different factors that lead to zero-equivalence are discussed and these factors are used to identify different types of zero equivalence. These types of zero equivalence are the following: zero equivalence caused by linguistic and referential gaps as well as grammatical zero equivalence and partial zero equivalence. In a multilingual society like South Africa where many different culture groups exist and people are encouraged to learn an additional language many different types of bilingual dictionaries are needed. When two languages are compared with each other during the compilation of a bilingual dictionary the lexicographer will always be confronted with zero equivalence, especially when the users of the two languages have vastly different cultures. Thus it is necessary to expand on the present theory of zero equivalence within the South African context. In the last section of the thesis the different options at the lexicographer‟s disposal in dealing with the different types of zero equivalence are discussed. Another aspect that gets attention throughout this thesis is the dictionary users of certain dictionaries, among others Pharos (2005), and their specific needs.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In die leksikografie word daar tussen verskillende ekwivalentverhoudinge wat in tweetalige woordeboeke voorkom, onderskei, naamlik absolute ekwivalensie, gedeeltelike ekwivalensie en zero-ekwivalensie. Zero-ekwivalensie ontstaan wanneer die doeltaal nie ‟n item het wat as ‟n vertaalekwivalent gekoördineer kan word met ‟n lemma van die brontaal nie. Leksikale gapings kom voor wanneer ‟n taal nie ‟n woord vir ‟n spesifieke konsep het nie. Dagut (1981) identifiseer verskillende semantiese gapings na aanleiding van linguistiese en ekstra-linguistiese faktore. Hierdie twee kategorieë staan afsonderlik as linguistiese en referensiële gapings bekend. ‟n Oplossing vir dié leksikografiese probleem is surrogaatekwivalente, wat in die bestaande teorie van zero-ekwivalensie aanbeveel word. Hierdie tesis brei uit op die bestaande teorie van zero-ekwivalensie in die leksikografie deur onder andere spesifiek na die hantering daarvan in Pharos (2005) te verwys. Daar word aandag geskenk aan die verskillende faktore wat aanleiding tot die verskynsel van zero-ekwivalensie gee. Op grond van hierdie faktore word verskillende tipes zero-ekwivalensie geïdentifiseer; naamlik zero-ekwivalensie wat as gevolg van linguistiese of referensiële gapings ontstaan asook grammatiese zero-ekwivalensie en gedeeltelike zero-ekwivalensie. In ‟n meertalige gemeenskap soos Suid-Afrika waar daar verskeie kultuurgroepe voorkom en mense aangemoedig word om ‟n addisionele taal aan te leer, word verskeie soorte tweetalige woordeboeke benodig. Wanneer enige twee tale vergelyk word, word die leksikograaf met zero-ekwivalensie gekonfronteer veral wanneer die taalpaar wat in die tweetalige woordeboek aan bod kom wat kultuur betref uitermate van mekaar verskil. Dit is dus nodig om binne die Suid-Afrikaanse konteks die teorie van zero-ekwivalensie uit te brei. Daar word in die laaste afdeling van hierdie tesis aandag geskenk aan die verskillende opsies wat die leksikograaf tot sy beskikking het om die verskillende tipes zero-ekwivalensie te hanteer. Nog ‟n aspek wat deurgaans aandag geniet, is die gebruikers van spesifieke woordeboeke, byvoorbeeld Pharos (2005), en die behoeftes van dié gebruikers.
Description
Thesis (MPhil (Afrikaans and Dutch))--University of Stellenbosch, 2010.
Keywords
Tweetalige woordeboeke, Lexicography, Translating and interpreting -- Lexicography, Bilingual dictionaries, Pharos (2005), Dissertations -- Afrikaans language, Theses -- Afrikaans language
Citation