A programme to improve gross motor and selected visual perception skills of children who show signs of developmental coordination disorder

Date
2010-03
Authors
Markgraaff, Christine
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The purpose of this study was to determine the impact of participation in a small group-based perceptual-motor training programme on the gross motor and visual-motor integration skills of children who show signs of Developmental Coordination Disorder (DCD). Two physical education teachers selected 22 children for assessment as potential participants for this study. The Movement ABC (M-ABC) was then administered to this group and the eight children who scored the lowest were invited to volunteer for this study. These children all volunteered and then completed the assessment of their visual-motor integration skills as measured by the Developmental Test of Visual Perception (DTVP-2). The study followed an evaluative case study design in which changes in the gross motor and visual-motor integration skills of each participant were reported and interpreted individually. The six-week intervention programme was focused on developing the perceptual-motor link between throwing, catching and balancing skills with challenges to visual skills development, especially eye-hand coordination. A comparison of pre-test, post-test and retention test scores in the M-ABC revealed that the programme had a positive effect on six of the children. The results for the seventh child were inconsistent on each test occasion, leading to the conclusion that he may have a co-morbid disorder related to attention. Improvements in static balance were noted and some children also experienced improvements in their ball skills (aiming and coincident timing) which brings the researcher to the conclusion that the programme was effective for gross motor development. DTVP-2 results showed improvements in eye-hand coordination in five of the seven children. According to the VMI quotient score, only one child improved, one deteriorated and the rest showed no change which brings the researcher to the conclusion that the intervention programme was not effective for visual-motor integration.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die doel van die studie was om die impak te bepaal van deelname in „n klein-groep gebaseerde perseptueel-motoriese oefenprogram op die groot motoriese en visueel-motoriese integrasievaardighede van kinders met tekens van die Ontwikkelingskoördinasie-afwyking (DCD). Twee Lewensoriëntering-onderwysers het 22 kinders geïdentifiseer vir assessering as potensiële deelnemers aan die studie. Hierdie groep het die Beweging-ABC toets (M-ABC) ondergaan en die agt deelnemers met die laagste uitslae is uitgenooi om aan die studie deel te neem. Hierdie agt kinders het ingestem en daarna is die assessering voltooi deur hulle visueel-motoriese integrasievaardighede te meet deur middel van die Ontwikkelingstoets vir Visuele Persepsie (DTVP-2). Die studie het „n evaluerende gevallestudie-ontwerp gevolg waarin die veranderings tussen die groot motoriese en visueel-motoriese integrasievaardighede van elke deelnemer individueel geïnterpreteer en gerapporteer is. Die ses week-intervensieprogram het gefokus op die ontwikkeling van die perseptueel-motoriese skakel tussen gooi-, vang- en balans-vaardighede met uitdagings vir die ontwikkeling van visuele vaardighede, veral oog-hand koördinasie. „n Vergelyking tussen die voor-, na- en opvolgtoetse van die M-ABC se toetstellings het getoon dat die program „n positiewe effek op ses van die kinders se groot motoriese vaardighede gehad het. Die uitslag van die sewende kind was teenstrydig tydens elke toetsgeleentheid en dit het gelei tot die gevolgtrekking dat hy moontlik aan „n addisionele afwyking mag ly wat verband hou met „n aandagprobleem. Verbeterings in statiese balans is waargeneem en sommige kinders het ook „n verbetering in balvaardighede getoon (akkuraatheid en reaksietyd). Volgens die DTVP-2 resultate was daar verbeterings in oog-hand koördinasie by vyf van die sewe kinders. Volgens die VMI-kwosiënttelling het slegs een kind verbeter, een het versleg en die ander vyf het geen verandering getoon nie. Die navorser kom dus tot die gevolgtrekking dat die intervensieprogram nie effektief is vir visueel-motoriese integrasie nie.
Description
Thesis (M Sport Sc (Sport Science))--University of Stellenbosch, 2010.
Keywords
Developmental coordination disorder in children, Gross motor improvement programme, Dissertations -- Sport science, Theses -- Sport science, Perceptual-motor training programme, Visual-motor integration skills
Citation