The language learning strategy use of isiXhosa-speaking adolescents in the second language acquisition of English

Date
2010-03
Authors
Pretorius, Rentia
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Research to date on language learning strategy (LLS) use and its influence on second language (L2) acquisition and proficiency has produced variable results. While many researchers feel that LLSs have an important role to play in L2 learning and teaching, a clear definition and classification of LLSs, as well as clear guidelines for LLS application and training, have yet to be established. LLS use and preference seem to be influenced by various factors such as culture, age, level of L2 proficiency and level of education. Therefore, results of specific studies are not necessarily applicable to different groups of L2 learners. This thesis reports on an investigation into the LLS use of first language (L1) isiXhosa adolescents in the acquisition of English. Using the Strategy Inventory for Language Learning (SILL), the study examines the relationship between LLS use as well as LLS preference and L2 proficiency, with an assessment of the gender differences in LLS use. The study found no significant relationship between LLS use or LLS preference and English proficiency. Also, no significant difference was found between the reported preferred LLSs of female and male participants, although male participants reported significantly more high-frequency LLS use, whereas female participants reported significantly more low-frequency LLS use. Conclusions drawn from the results of the study are discussed, followed by suggestions for future research and a brief discussion of the implications of these results for L2 teaching and learning, specifically in a South African context.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Navorsing oor die gebruik van taalleerstrategieë (TLSe) en die invloed daarvan op tweedetaal(T2-)verwerwing het tot dusver uiteenlopende resultate opgelewer. Terwyl baie navorsers van mening is dat TLSe 'n belangrike rol het om te speel in die leer en onderrig van 'n T2, moet 'n duidelike definisie en klassifikasie van TLSe, asook duidelike riglyne vir TLS-aanwending en -opleiding, nog daargestel word. Die gebruik en voorkeur van TLSe word klaarblyklik deur verskeie faktore beïnvloed, insluitend kultuur, ouderdom, vlak van T2-vaardigheid en vlak van opvoeding. Resultate van spesifieke studies is derhalwe nie noodwendig bruikbaar vir verskillende groepe T2-leerders nie. Hierdie tesis lewer verslag oor ‘n ondersoek na die gebruik van TLSe deur T1 isiXhosa adolessente in die verwerwing van Engels. Die studie stel ondersoek in na die verhouding tussen TLS-gebruik asook -voorkeur, gemeet deur die Strategy Inventory for Language Learning (SILL), en T2-vaardigheid, met 'n beoordeling van die geslagsverskille in TLS-gebruik. Die studie het geen beduidende verhouding tussen TLS-gebruik of TLS-voorkeur en Engelse vaardigheid gevind nie. Daar is ook geen beduidende verskil tussen die aangeduide TLS-voorkeur van vroulike en manlike deelnemers nie, hoewel manlike deelnemers beduidend meer hoë-frekwensie TLS-gebruik aangedui het, en vroulike deelnemers beduidend meer lae-frekwensie TLS-gebruik aangedui het. Gevolgtrekkings wat op grond van die studie gemaak is, word bespreek, gevolg deur voorstelle vir verdere navorsing en 'n kort bespreking van die implikasies van die resultate van hierdie studie vir T2-onderrig, veral in 'n Suid- Afrikaanse konteks.
Description
Thesis (MA (General Linguistics))--University of Stellenbosch, 2010.
Keywords
Second language acquisition, Language learning strategies, isiXhosa, SILL, Theses -- Linguistics, Dissertations -- Linguistics, Strategy Inventory for Language Learning
Citation