Liturgy and spirituality in the ecumenical movement : a systematic-theological evaluation

Date
2010-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: A growing number of scholars with an interest in liturgy and spirituality have contributed to discussions surrounding the relationship between liturgy and spirituality. This dissertation examines the relationship between liturgy and spirituality in the ecumenical movement, and in particular how four factors, namely the Charismatic Renewal, inculturation, secularization, and reflections on Baptism, Eucharist and Ministry (BEM), have had an impact on its development. Chapter One introduces this study by focusing on the particular connectedness between liturgy and spirituality. Chapters Two to Five critically examine the four challenges. Chapter Two examines the impact that the Charismatic Renewal had on liturgy and spirituality. It discusses the interest that the ecumenical movement had in the Charismatic Renewal, as the ecumenical movement realized what the Renewal could offer them. Chapter Three concerns itself with the challenges that inculturation poses, especially to the liturgy. One prominent question is: How do Christians proclaim Christ faithfully in different cultures? This chapter deals with the fact that inculturation involves dialogue between liturgy and culture – a dialogue which leads to mutual enrichment. Chapter Four concentrates on the impact of secularization, especially since the 1960’s. It examines how the relevance of worship was called to question by the process of secularization. Chapter Five highlights how BEM inspired endeavours for the renewal of liturgy and of spiritual life. It describes how BEM had an impact on studies of worship and spirituality and the revision of forms of worship in several churches.Chapter Six is a brief theological evaluation of the impact that the said factors were having on liturgy and spirituality within the ecumenical movement. Some implications of the impact are discussed and suggestions are made about how liturgy and spirituality can continually shape one another.
AFRIKAANSE OPSOMMING: ‘n Toenemende aantal navorsers op die gebied van liturgie en spiritualiteit het bydraes gelewer betreffende die verhouding tussen liturgie en spiritualiteit. Hierdie verhandeling ondersoek die verhouding tussen liturgie en spiritualiteit in die ekumeniese beweging, en in besonders die impak wat vier faktore, naamlik die Charismatiese Beweging, inkulturasie, sekularisasie, en besinning oor die Doop, die Nagmaal, en die Bediening, op hierdie ontwikkeling gehad het. Hoofstuk Een dien as inleiding tot hierdie studie deur te fokus op die spesifieke verbintenis tussen liturgie en spiritualiteit. In Hoofstukke Twee tot Vyf word die vier uitdagings krities ondersoek. Hoofstuk Twee ondersoek die impak wat die Charismatiese Beweging op die liturgie en spiritualiteit gehad het. Daar is ‘n bespreking van die belangstelling wat die ekumeniese beweging in die Charismatiese Beweging gehad het, toe die ekumeniese beweging besef het wat die Charismatiese Beweging vir hulle kan bied. Hoofstuk Drie ondersoek die uitdagings wat inkulturasie met hom bring, veral met betrekking tot die liturgie. ‘n Belangrike vraag is die kwessie van hoe Christene die Christusboodskap op ‘n geloofwaardige manier in verskillende kulture kan uitdra. Die hoofstuk behandel die feit dat inkulturasie ‘n dialoog tussen liturgie en kultuur behels – ‘n dialoog wat tot wedersydse verryking kan lei. Hoostuk Vier fokus op die impak van sekularisasie, veral sedert die 1960’s. Dit ondersoek hoe die proses van sekularisasie die tersaaklikheid van aanbidding bevraagteken het. Hoofstuk Vyf laat die soeklig val op die pogings van BEM (‘n dokument wat Christene vra om opnuut te besin oor die Doop, die Nagmaal, en die Bediening) ten einde vernuwing te bring wat betref die liturgie en die geestelike lewe. Dit beskryf die impak wat BEM gehad het op studies van aanbidding en spiritualiteit, en die hersiening van vorme van aanbidding in verskeie kerke. Hoofstuk Ses is ‘n kort teologiese evaluering van die impak wat genoemde faktore het op die liturgie en spiritualiteit in die ekumeniese beweging. Implikasies van hierdie impak word bespreek en voorstelle word gemaak oor hoe die liturgie en spiritualiteit mekaar gedurig kan omvorm.
Description
Thesis (DTh)--Stellenbosch University, 2010.
Keywords
Spirituality, Dissertations -- Systematic theology, Theses -- Systematic theology
Citation