'Eva-lusie' : die vrouestem in Suid-Afrikaanse media

Date
2001-09
Authors
Rabe, Lizette
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
In April vanjaar was 51% van Suid-Afrikaanse internetgebruikers vroue, teenoor 38% in Maart 1999 (Women now, 2001). Die gevolgtrekking kan dus gemaak word dat die geslag van gebruikers van die internet - die sogenaamde nuwe media - min of meer die bevolkingsamestelling reflekteer. Maar sou 'n studie gedoen word van die inhoud van die internet-aanbod: of van diegene wat die produseerders daarvan is, sou dit waarskynlik gelyk wees aan die bevindings van ander mediastudies. Eerstens: vroue wat in die media uitgebeeld word, is verreweg in die minderheid; tweedens: hulle word gestereotipeer, en derdens: as verskaffers van media is hulle in beperkte rolle (Gaga, 2000; Lowe-Moma, 2001: Spears et al.: 2000). Gaan ons vir 'n oomblik honderd jaar terug in ons eie geskiedenis, is Suid-Afrika vasgevang in 'n oorlog wat lank 'n rampspoedige invloed op talle terreine van Suid-Afrika se ontwikkeling sou hê. Ook die media. En hoofsaaklik die rol wat die Afrikaanse vrou in veral die Afrikaanse pers sou speel - of nie speel nie. Soos in die geslagsdiskoers in die letterkunde kan 'n mens ook na die afwesigheid van die Afrikaanse vrouestem in die media verwys as die "stiltes tussen woorde en tekste" (Van Niekerk, 1994). Om nie te praat van die stilte van swart en bruin vroue nie. Persvryheid moet deur almal geniet kan word en nie net sommige nie, sê pres. Thabo Mbeki vroeër vanjaar in sy boodskap ter viering van die tiende Wêreldpersvryheidsdag. Ook: "Niemand kan tevrede wees terwyl persvryheid hoofsaaklik net deur 'n uitsoekgroep geniet word nie. Dis die kernreg van alle mense om vrye toegang te hê tot media wat hul menings uitdruk en hul lewenservaring en strewes ten volle weerspieël". As 'n mens die status van vroue en ander minderheidsgroepe in die media ondersoek, is dit duidelik dat ons ver van daardie ideaal is. Veral as jy in Suid-Afrikaanse media lees van vroulike joernaliste wat teistering van parlementslede - die gekose verteenwoordigers van die volk dus - moet verduur (Stappe, 2001). Eerstens dan in hierdie besinning oor die status van vroue in die media moet 'n mens begin by die begin - en die oervraag van alle joernaliste: Wat is nuus?
Inaugural address delivered in September 2001 by Professor Lizette Rabe
Description
17 A4 pages in pdf format.
Bibliography
Keywords
Stereotypes (Social psychology) in mass media, , Women journalists -- South Africa, Discrimination in the media
Citation