Kabaret as sosiale en politieke kommentaar : 'n ontleding van die aanwending van die komiese, satire en parodie

Date
2008-03
Authors
Van Zyl, Annelie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This study examines cabaret in South Africa, and more particularly the use of a personation in cabaret. Cabaret employs a variety of comedic forms that combine to comment on social and political issues. The personation is often a manifestation of current social and political values, and the cabaretist uses such personation to deride these values and expose society. Themes such as human nature and life are foregrounded by means of comedy, parody and satire in order to highlighted weaknesses and malpractices. The personation often serves as a shield, affording the cabaretist the freedom of speech to assume a critical stance; it serves as a mouthpiece for enquiring societal mores and norms. The cabaretist not only entertains the audience in a comical way, but also strives to make audiences aware of social and political irregularities. Comedy, parody and satire are found in various forms of entertainment and literature, but in the cabaret genre it is purposefully applied to voice socio-political criticism. The success of cabaret is indebted to each caberetist’s unique style. South African performers such as Pieter-Dirk Uys, Casper de Vries and Hennie Aucamp apply these means successfully to entertain their audiences and encourage reflection. The cabaret persona, drawing upon comedic devices, is used to present reality as opposed to the human ideal, while treating the audience to a lighter view of life. Apart from the fact that cabaret, like comedy, parody and satire, is difficult to define, these forms often overlap, as they serve the same purpose, namely to entertain and to comment.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie ondersoek kabaret in Suid-Afrika en in die besonder die gebruik van ’n karakter in kabaret as sosiale en politiese kommentator. Kabaret gebruik ’n verskeidenheid komiese vorme wat saamspan om sosiale en politieke kommentaar te lewer. Die karakter verteenwoordig dikwels ’n gemeenskap se sosiale en politieke waardes en die kabarettis gebruik so ’n karakter om hierdie waardes te bespot en kommentaar op die gemeenskap te lewer. Temas soos die menslike natuur en die lewe word met behulp van die komiese, parodie en satire in die kalklig geplaas om swakhede en wanpraktyke te beklemtoon. Die karakter dien ook dikwels as ’n skild waaragter ’n kabarettis skuil en waarmee hy sodoende vryheid van spraak verkry met die doel om te kritiseer; dit dien as spreekbuis vir sosiale waardes en norme. Die kabarettis vermaak nie net ’n gehoor op komiese wyse nie, maar probeer ook om die gehoor van sosiale en politieke wantoestande bewus te maak. Die komiese, parodie en satire kom in verskeie vorme van vermaak en die literatuur voor, maar in kabaret word dit doelgerig as middel gebruik om sosio-politiese kommentaar te lewer. Die sukses van kabaret word gemeet aan elke kabarettis se unieke styl. Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Pieter-Dirk Uys, Casper de Vries en Hennie Aucamp slaag daarin om hierdie middele aan te wend en sodoende hul gehore te vermaak en tot nadenke te stem. Die kabaret-karakter word met behulp van komiese vorme aangewend om die werklikheid teenoor die menslike ideaal op te weeg en aan gehore ’n ligter sy van die lewe te wys. Buiten dat kabaret en ook die komiese, parodie en satire moeilik gedefinieer kan word, oorvleuel hierdie vorme dikwels en word dit vir dieselfde doel gebruik, naamlik om te vermaak en kommentaar te lewer.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 2008.
Keywords
Music-halls (Variety-theaters, cabarets, etc.) -- South Africa, Satire -- In literature, Parody in literature, Theses -- Drama, Dissertations -- Drama
Citation