Language shift from Afrikaans to English in "Coloured" families in Port Elizabeth three case studies

Date
2009-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This thesis investigates whether language shift is occurring within the community of the northern areas of Port Elizabeth. These areas are historically predominantly “coloured” and Afrikaans-speaking, and are mixed in terms of the socioeconomic status of their inhabitants. Lately, there is a tendency for many of the younger generation to speak more English. Using the model of another study (Anthonissen and George 2003) done in the Cape Town area, three generations (grandparent, parent and grandchild) of three families were interviewed regarding their use of English and Afrikaans in various domains. The pattern of language shift in this study differs somewhat, but not totally, from that described in Anthonissen and George (2003) and Farmer (2009). In these two studies, there was a shift from predominantly Afrikaans in the older two generations to English in the youngest generation. In this study, the shift is also almost exclusively to English in the youngest generation, but the shift at times took place from English-Afrikaans bilingualism and not predominantly from Afrikaans. In two cases, the first generation was raised in English but raised their children in Afrikaans, and then the grandchildren were raised in English again. The reasons why the shift took place in the northern areas of Port Elizabeth appears to be similar to the reasons in the Cape Town area, namely perceived better education opportunities and better socio-economic prospects.
AFRIKAANSE OPSOMMING: In hierdie tesis word daar gepoog om vas te stel of taalverskuiwing besig is om plaas te vind in die gemeensakp van die noordelike areas van Port Elizabeth. Hierdie areas is histories hoofsaaklik “gekleurd” en Afrikaanssprekend, en is gemeng in terme van die sosioekonomiese status van hul inwoners. Dit wil egter voorkom asof daar deesdae ‘n tendens onder die jonger geslag is om meer Engels te praat. Die model van ‘n ander studie (Anthonissen en George 2003), wat in die Kaapstad-area gedoen is, is in hierdie studie gebruik: daar is onderhoude gevoer met drie generasies (grootouer, ouer, kleinkind) van drie families oor hul gebruik van Engels en Afrikaans in verskeie domeine. Die patroon van taalverskuiwing in hierdie studie het verskil van dié wat in die Anthonissen en George (2003)- en Farmer (2009)-studies beskryf is, maar nie heeltemal nie. In laasgenoemde twee studies was daar ‘n verskuiwing van hoofsaaklik Afrikaans in die ouer twee generasies na Engels in die jongste generasie. In hierdie studie is die verskuiwing ook na amper uitsluitlik Engels in die jongste generasie, maar by tye het die verskuiwing plaasgevind vanaf Engels-Afrikaans tweetaligheid en nie vanaf hoofsaaklik Afrikaans nie. In twee gevalle is die eerste generasie Engels grootgemaak maar het hul hul kinders Afrikaans grootgemaak, en dan is die kleinkinders weer Engels grootgemaak. Die redes waarom die verskuiwing plaasgevind het, is dieselfde as die redes wat deur die verskuiwing in die Kaapstad-gemeenskappe aangevoer is, naamlik beter opvoedkundige geleenthede en beter sosio-ekonomiese vooruitsigte.
Description
Thesis (MPhil (General Linguistics))--University of Stellenbosch, 2009.
Keywords
Language shift, Afrikaans to English, Dissertations -- Linguistics, Theses -- Linguistics
Citation