Voorspellers van die verhoudingskwaliteit van gay mans

Date
1995-03
Authors
Boshoff, Stephanus Cornelius
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The primary objectives of the present research were to predict the quality of relationships of gay male couples, as well as those of the members of the couples, on the basis of chosen variables. These chosen variables were taken along an ecological framework, which took into account variables from a personal, psychological, interpersonal and social context. Five variables received wide coverage in the present research: The sexual behavioural status of the relationship, sex role self-concept, sex role behaviour, perceived social support from family and friends, and passing. Partner-homogamy was also an important variable in the present research. This resulted in differences in the chosen variables within couples being used to predict the quality of the relationships of gay male couples. A sample of 30 couples was obtained through advertisements in the local gay press. The sample comprised mostly middle and high-class whites who had been involved in well-functioning, long-lasting (:t 8 years) relationships and who had lived together. Each couple received by mail two identical sets of measuring instruments - one for each member of the couple - to complete independently from the other. The measuring instruments, which were all self-reporting scales, were the Biographical and Personal Questionnaire, the Dyadic Adjustment Scale, the Bern Sex Role Inventory, the Shared Decision Making Scale, the Perceived Social Support Scale, the Being Known to Distant Others Scale, the Being Known to Significant Others Scale, and the Desire to Pass Scale. Results were obtained through statistical analysis with both the couples (N = 30) and the partners (N = 60) as the unit of analysis. When the respective results are viewed together, the most important correlates of the quality of relationships were an increase in the length of the relationship, a female self-concept among both partners, the viewing of shared decision making within the relationship, and overtly maintaining a gay lifestyle, together with partner-homogamy with regard to a female self-concept, perceived social support from friends, and the level of overtness concerning sexual preferences. Furthermore, it was important that psychological masculinity had to be vested in one member of the couple only. The most important predictors of the quality of well adjusted relationships were an increase in the length of the relationship, a female self-concept among both partners, the viewing of shared decision making in the relationship, little perceived social support from friends and family, and maintaining an overt gay lifestyle, together with the homogamy of partners towards perceived social support from friends, being known as gay to significant others, and the view of shared decision making in the relationship respectively. Furthermore, it was important that one of the members had to have previous experience of gay relationships. The greatest limitation of the present research was the small sample which resulted in low statistical power. The research has, however, made a contribution by shedding light on the functioning of gay male couples within the South African context.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die primere doelstellings van die huidige ondersoek was om die verhoudingskwaliteit van manlike gay pare, sowel as die van die paarlede, te voorspel aan die hand van sekere gekose veranderlikes. Die gekose veranderlikes is saamgevat binne 'n ekologiese raamwerk wat veranderlikes vanuit 'n persoonlike, sielkundige, interpersoonlike en sosiale konteks behels het. Veral vyf veranderlikes het wye dekking in die huidige ondersoek geniet, naamlik die seksuele gedragstatus van die. verhouding, geslagsrolselfkonsep, geslagsrolgedrag, waargenome sosiale ondersteuning van gesin en vriende, en verskansing. Ook paarlid-homogamie was 'n belangrike veranderlike in die huidige ondersoek, met die gevolg dat verskille in die gekose veranderlikes binne pare gebruik is as 'n verdere voorspelling van die verhoudingskwaliteit van manlike gay pare. 'n Steekproef van 30 pare is bekom deur middel van advertensies in die plaaslike gay pers. Die steekproef het hoofsaaklik uit middel- en hoeklas blankes bestaan wat in goed-funksionerende, samewonende verhoudings van hoe tydsduur (:f: 8 jaar) betrokke was. Elke paar het per pos twee identiese stelle meetinstrumente ontvang - een vir elke lid om in onafhanklikheid van sy maat te voltooi. Die meetinstrumente, almaI selfbeoordelingskale, was die Biografiese en Persoonlike Vraelys, die "Dyadic Adjustment Scale", die "Bem Sex Role Inventory", die "Shared Decision Making Scale", die "Perceived Social Support Scale", die "Being Known to Distant Others Scale", die "Being Known to Significant Others Scale", en die "Desire to Pass Scale". Resultate is verkry deur statistiese ontledings uit te voer met onderskeidelik die paar (N = 30) en die paarlede (N = 60) as eenheid van analise. Indien die verskillende resultate gesamentlik in oenskou geneem word, was die belangrikste korrelate van verhoudingskwaliteit 'n toename in verhoudingslengte, 'n vroulike selfkonsep by beide paarlede, die beskouing van gedeelde besluitneming binne die verhouding en die handhawing van 'n openlike gay lewenstyl, tesame met paarlid-homogamie ten opsigte van 'n vroulike selfkonsep, waargenome sosiale ondersteuning van vriende en die vlak van openlikheid met betrekking tot seksuele voorkeure. Verder was dit ook van belang dat slegs een van die paarlede oor psigologiese manlikheid moes beskik. Die belangrikste voorspellers van verhoudingskwaliteit was 'n toename in verhoudingslengte, 'n vroulike selfkonsep by beide paarlede, die beskouing van gedeelde besluitneming binne die verhouding, min waargenome sosiale ondersteuning van vriende en die gesin, en die handhawing van 'n openlike gay lewenstyl, tesame met paarlid-homogamie ten opsigte van onderskeidelik waargenome sosiale ondersteuning van vriende, bekendheid as gay aan betekenisvolle ander en die beskouing van gedeelde besluitneming binne die verhouding. Daarby was dit ook belangrik dat een van die paarlede vorige ervaring van gay verhoudings moes gehad het. Die grootste enkele beperking van die huidige ondersoek was die relatief klein steekproef wat lae statistiese kragdoeltreffendheid tot gevolg gehad het. Die ondersoek het egter 'n bydrae gelewer deur lig te werp op die funksionering van manlike gay verhoudings binne die Suid-Afrikaanse konteks.
Description
Thesis (MA)--Stellenbosch University, 1995.
Keywords
Gay men, Homosexuality, Interpersonal relations, Prediction (Psychology), Dissertations -- Psychology, Theses -- Psychology
Citation