Huweliksverryking vir plaaswerkers

Date
2008-03
Authors
Viljoen, Coralie
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Marriage enrichment was developed to equip couples with the necessary skills and knowledge to help them achieve a happy marriage. It is successful with respect to the improvement of the marriage relationship and the encouragement of marital satisfaction. The marriage enrichment programmes that were developed up till now, were developed for the use of residents of First World countries. The goal of this study was to identify farm workers’ experience of marriage and their needs with respect to marriage, in order to make recommendations with regard to elements that could be included in a marriage enrichment programme for farm workers. A qualitative research design was used, as semi-structured interviews with the help of an interview schedule were conducted with thirteen farm workers who live and work on two farms in different geographical areas around Stellenbosch. Information was gathered by separately interviewing marriage partners, in order to ensure that conversations were not influenced by the presence of the marriage partner. Participants not only consisted of legally married couples, but also couples who were involved in a long-term relationship. The literature study focused on the circumstances of farm workers in the Western Cape. It also focused on theories underpinning current marriage enrichment programmes, and discussed and described the content of selected current marriage enrichment programmes. General challenges facing couples and which are typically included in marriage enrichment programmes were also discussed. Three themes emerged during findings and conclusions of the study. These include various sub-themes arising from the alcohol abuse of farm workers, and distinctive qualities of happy and unhappy couples. Recommendations were made with regard to these themes, while the theories on which current marriage enrichment programmes were based, as well as its exercises and elements were kept in mind.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Huweliksverryking is ontwikkel om egpare met die nodige kennis en vaardighede toe te rus ter bereiking van ‘n gelukkige huwelik. Dit is doeltreffend ten opsigte van die verbetering van die huweliksverhouding en die bevordering van huwelikstevredenheid. Die huweliksverrykings-programme wat egter wel ontwikkel is, is vir die gebruik van inwoners van Eerste Wêreld-lande ontwikkel. Die doel van hierdie studie was om plaaswerkers se ervaring van die huwelik en hul behoeftes ten opsigte van die huwelik te identifiseer, sodat aanbevelings gemaak kan word ten opsigte van elemente wat ingesluit kan word in ‘n huweliksverrykingsprogram vir plaaswerkers. ‘n Kwalitatiewe navorsingsontwerp is benut, aangesien semi-geskeduleerde onderhoude aan die hand van ‘n onderhoudskedule gevoer is met dertien plaaswerkers wat woon en werk op twee plase in verskillende geografiese areas buite Stellenbosch. Onderhoude met huweliksmaats het apart van mekaar plaasgevind, om te verseker dat gesprekke nie deur die teenwoordigheid van die huweliksmaat beïnvloed kon word nie. Deelnemers het nie net bestaan uit wettiglik getroude egpare nie, maar ook paartjies wat in ‘n langtermynverhouding betrokke is. Die literatuurstudie het gefokus op die omstandighede van Wes-Kaapse plaaswerkers. Dit het ook gefokus op teorieë waarop bestaande huweliksverrykingsprogramme gebaseer is, en het verskeie geselekteerde bestaande huweliksverrykingsprogramme se inhoud bepaal en omskryf. Algemene uitdagings waarmee egpare te doen kry, en wat tipies in huweliksverrykingsprogramme bespreek word, is ook bespreek. Tydens bevindinge en gevolgtrekkings van die studie het drie temas na vore gekom. Dit sluit in verskeie sub-temas ten opsigte van alkoholmisbruik tussen plaaswerkers en die onderskeie eienskappe van gelukkige en ongelukkige egpare. Die aanbevelings is ten opsigte van hierdie temas gemaak, met inagneming van bestaande huweliksverrykingsprogramme se elemente, oefeninge en die teorieë waarop dit gebaseer is.
Description
Thesis (M Social Work)--Stellenbosch University, 2008.
Keywords
Marriage counseling, Agricultural laborers -- Marriage customs and rites -- South Africa -- Western Cape, Social work with minorities -- South Africa -- Western Cape, Theses -- Social work, Dissertations -- Social work
Citation