Kompleksiteit in taakgebaseerde onderrig en leer van Afrikaans as tweede taal binne universiteitskonteks

Date
2012-03
Authors
Adendorff, Elbie Maria
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The implementation of a multilingual language policy for Higher Education in South Africa (2002) requires the teaching and learning of different languages as a second or additional language – also the teaching of Afrikaans for specific purposes to students as adult learners. The teaching of Afrikaans for specific purposes to students as adult learners has not received much attention in the South African context, especially research on the learning and teaching of Afrikaans for specific purposes in a university context. This research on Afrikaans as a second language has as framework the theory of Task-Based Language Learning and Teaching. The research focuses on issues relating to complexity in task-based challenges which await students in a multilingual university context and the way in which a task-based teaching syllabus contributes to these needs and challenges. The main focus of this study is to explore the possibilities of a multiperspective approach to the analysis of complexity in the design of a task-based syllabus for university students. The aim of such a multiperspective approach is to research the full spectrum of approaches which is available to research task complexity. The adequacy of the different approaches lies in the architecture of the compositionality and combination of the individual researchers’ frameworks, which each on its’ own has elements of incompleteness regarding the development of students’ interlanguage. There can be argued that the multiperspective approach to complexity in task-based syllabus design is beneficial to task design for an Afrikaans task-based syllabus at university level because each approach promotes the development of an interlanguage. The central purpose of this study is to investigate the nature and properties of communication tasks employed in generic social and academic communication in Afrikaans on a university campus in South Africa within the framework of task-based language learning and teaching, as well as syllabus design. This study analyses the communication tasks in accordance with the needs of second language learners of Afrikaans in the context of campus communication. For the purpose of the research, a needs analysis was conducted through the use of a questionnaire and interviews with university students. This needs analysis shows that students whose first language is not Afrikaans, have the need to acquire communicative skills in Afrikaans to communicate effectively with fellow students and lecturers at the university. As a result of the needs analysis ten student-student-dialogues and ten student-lecturer-dialogues were constructed to simulate campus communication. The study researches the various cognitive and linguistic taskelements.The purpose of this research is to to examine the cognitive and structural properties in a task design which address the communication needs of students and lecturers for learning generic Afrikaans for communicating on campus. A framework for the analysis of complexity in the development of a task-based syllabus for a teaching and learning program for the teaching and learning of Afrikaans as a second language in the multilingual university context of a South African university campus will be proposed. The study examines the different components of tasks and the components of designing a syllabus, and how they influence the teaching and learning of the second language. This study analyses various complexity properties of the twenty Afrikaans dialogues in order to determine criteria for syllabus designers on how tasks can be graded and sequenced within a task-based language learning and teaching syllabus for second language learners of Afrikaans.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die implementering van ’n meertalige taalbeleid vir Hoër Onderwys in Suid-Afrika (2002) vereis die leer en onderrig van verskillende tale as ’n tweede of addisionele taal – ook wat die onderrig van Afrikaans vir spesifieke doeleindes aan studente as volwasse leerders betref. Hierdie onderrig van Afrikaans vir spesifieke doeleindes aan volwassenes het nog nie veel aandag binne die Suid-Afrikaanse konteks ontvang nie, veral wat betref navorsing oor die leer en onderrig van Afrikaans vir spesifieke doeleindes binne ’n universiteitskonteks. Die navorsing wat vir hierdie proefskrif onderneem is, val binne die teorie van taakgebaseerde leer en onderrig. Dit fokus op die aspekte wat verband hou met taakgebaseerde kompleksiteitsuitdagings wat vir studente binne ’n meertalige universiteitskonteks voorlê en die wyse waarop ’n taakgebaseerde leer- en onderrigprogram voldoen aan hierdie behoeftes en uitdagings. Die sentrale fokus van hierdie proefskrif behels ’n ondersoek na die moontlikheid van ’n multiperspektiefbenadering tot die analise van kompleksiteit by die ontwerp van ’n Afrikaanse taakgebaseerde sillabus op universiteitsvlak. Die doel van so ’n multiperspektiefbenadering is om die volle spektrum van oorwegings wat ter sprake is in taakkompleksiteit te ondersoek. Die toereikendheid van dié spesifieke benadering lê in die argitektuur van die samehang en kombinasie van die verskillende navorsers se raamwerke wat elk op sigself tekens van onvolledigheid toon ten opsigte van die optimale ontwikkeling van die studente se intertaal. Daar word betoog dat dat hierdie multiperspektiefbenadering tot kompleksiteit in taakgebaseerde sillabusontwerp voordelig is ten opsigte van sillabusontwerp vir Afrikaans op universiteitsvlak aangesien intertaalontwikkeling optimaal binne elk van die benaderings verantwoord kan word. Die sentrale fokuspunt van die proefskrif is om ondersoek in te stel na die aard en eienskappe van kommunikasietake wat gevind word in generies sosiale en akademiese kommunikasietake in Afrikaans by ’n universiteitskampus in Suid-Afrika. Dit vind plaas binne die konteks van hedendaagse tweedetaalteorieë oor taakgebaseerde taalleer en -onderrig, sowel as sillabusontwerp. Hierdie studie analiseer die kommunikasietake aan die hand van die behoeftes van tweedetaalstudente van Afrikaans binne die konteks van kampuskommunikasie. Dié behoeftes is bepaal na aanleiding van behoefte-analises wat onder universiteitstudente onderneem is. Die behoefte-analises toon dat studente wie se eerste taal nie Afrikaans is nie, die behoefte het om Afrikaans te verwerf ten einde suksesvol te kan kommunikeer met medestudente en dosente. Na aanleiding van die behoefte-analises is tien student-student-dialoë en tien student-dosent-dialoë gekonstrueer wat verteenwoordigende kampuskommunikasie simuleer. Die doelwit van hierdie studie is om die verskeie kenmerke van take wat verband hou met kognitiewe en linguistiese kompleksiteit in ’n taakgebaseerde ontwerp te ondersoek. Die doel hiervan is om onder meer ’n raamwerk vir die analisering van kompleksiteit in ’n taakgebaseerde sillabus vir leer en onderrig van generiese Afrikaans vir kampuskommunikasie voor te stel. Saam met die ondersoek na kognitiewe en linguistiese kompleksiteit, ondersoek die proefskrif die kenmerke van sillabusontwerp om te bepaal hoe dit die leer en onderrig van Afrikaans as ’n tweede taal beïnvloed. Die insigte wat sodoende oor die kompleksiteit van die take verkry word, skep verskeie moontlikhede vir die ontwikkeling van take binne die konteks van ’n universiteitskampus met betrekking tot die leer van Afrikaans as ’n tweede taal. Voorts verskaf die studie ook ontledings met betrekking tot die kompleksiteitskenmerke van die twintig dialoë in Afrikaans sodat kriteria vir sillabusontwerpers geskep kan word waarvolgens hulle take binne die taakgebaseerde leer en onderrig kan gradeer en orden om ’n sillabus vir tweedetaalstudente van Afrikaans te ontwerp.
Description
Thesis (PhD)--Stellenbosch University, 2012.
Keywords
Afrikaans language -- Study and teaching -- Higher education, Second language acquisition, Multilingual universities, Task-based syllabus for university students, Language and education -- South Africa -- Stellenbosch, Dissertations -- Afrikaans and Dutch, Theses -- Afrikaans and Dutch, Dissertations -- Afrikaans language, Theses -- Afrikaans language
Citation