Assessing employee turnover in the Language Services Section of Parliament of the Republic of South Africa

Date
2012-03
Authors
Curran, Sandra Revona
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: A high employee turnover rate, where talented employees leave the institution to join other legislatures and government departments, has been experienced by the Language Services Section (LSS) of Parliament SA which is part of the Legislative and Oversight Division (LOD). This thesis evaluates why talented employees leave the LSS and explores possible retention strategies to retain talented employees. This was firstly done by reviewing literature on the concept of employee turnover. Secondly, the study evaluated possible factors that impact on employee turnover. Thirdly, the legislative environment of employee turnover within the South African context was discussed. Furthermore, the causes of employee turnover in the LSS of Parliament SA were assessed. Lastly, recommendations were made on how to retain employees in the LSS of Parliament South Africa. The research design used to conduct the study is a qualitative case study. Unstructured interviews, a survey questionnaire and documentation were used for this study. Deductions were made by comparing the theory from the literature review with the practice in LSS in order to gain a better understanding of why talented employees leave the institution and what retention strategies can be implemented to retain them. This study presents various reasons why employees are leaving the institution. These reasons include non-competitive salaries, ineffective recruitment and selection processes, inadequate training, a lack of career pathing and the fact that many language practitioners (LPs) reside in provinces other than the Western Cape. Many of these reasons were identified previously through an LOD Retention Strategy Project but strategies to address problems were not implemented due to the lack of a people-centred approach to talent management. Recommendations were made that retention strategies should be implemented and that more emphasis should be placed on human resources and the development of people in order to reach the core objectives of parliament through happy and well-developed employees.
AFRIKAANSE OPSOMMING: ’n Hoë omsetkoers van werknemers waar talentvolle werknemers die instelling verlaat om by ander wetgewers en staatsdepartemente aan te sluit, is deur die Afdeling Taaldienste van die Parlement van Suid-Afrika, wat deel vorm van die Wetgewing en Oorsig Afdeling, ervaar. Hierdie tesis evalueer die redes waarom talentvolle werknemers die Afdeling Taaldienste verlaat en verken moontlike retensiestrategieë om talentvolle werknemers te behou. Eerstens is literatuur oor die konsep van werknemersomset hersien. Tweedens het die studie moontlike faktore wat werknemersomset beïnvloed, evalueer. Derdens is die wetgewende omgewing van werknemersomset binne die Suid-Afrikaanse konteks, bespreek. Verder was die oorsake van werknemersomset binne die Afdeling Taaldienste van Suid-Afrika, geassesseer. Laastens is aanbevelings gemaak oor hoe om werknemers in die Afdeling Taaldienste van die Parlement van Suid-Afrika te behou. Die navorsingsontwerp wat vir die uitvoer van die ondersoek gebruik is, is ’n kwalitatiewe gevallestudie. Ongestruktureerde onderhoude, ’n opnamevraelys en dokumentasie is vir die studie gebruik. Afleidings is gemaak deur die teorie van die literatuuroorsig met die praktyk in die Afdeling Taaldienste van die Parlement van Suid-Afrika te vergelyk om ’n beter begrip te kry van waarom talentvolle werknemers die instelling verlaat en watter retensiestrategieë in werking gestel kan word om hulle te behou. Die studie verskaf verskeie redes waarom werknemers die instelling verlaat. Hierdie redes sluit in nie-mededingende salarisse, ondoeltreffende werwings- en seleksiesprosesse, onvoldoende opleiding, ’n gebrek aan loopbaanbeplanning en die feit dat talle taalpraktisyns in ander provinsies as die Wes-Kaap woon. Baie van hierdie redes is voorheen deur ’n Wetgewing en Oorsig Afdeling Retensiestrategieprojek geïdentifiseer, maar strategieë om die probleme aan te spreek is nie geïmplementeer nie as gevolg van die gebrek aan ’n mens-gesentreerde benadering tot talentbestuur. Aanbevelings is gemaak dat die retensiestrategieë geïmplementeer word en ’n groter klem op menslike hulpbronne en die ontwikkeling van mense geplaas word sodat die kerndoelwitte van die Parlement deur gelukkige en goedontwikkelde mense behaal kan word.
Description
Thesis (MPA)--Stellenbosch University, 2012.
Keywords
South Africa. Parliament. Personnel management, Labor turnover -- South Africa, Employee retention -- South Africa, Parliament -- Officials and employees -- Job satisfaction, Dissertations -- Public management and planning, Theses -- Public management and planning
Citation