Distribution and impact of the Argentine ant, Linepithema humile (Mayr), in South Africa

Date
2007-03
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Invasion by the notorious tramp species, the Argentine ant (Linepithema humile Mayr) (Hymenoptera: Formicidae) has caused major concern around the globe, owing to its displacement of native ant species and other invertebrates where it invades. This species was first recorded in South Africa in 1901 in Stellenbosch, Western Cape Province (WCP), and has now become a significant pest in most urban and agricultural areas in the country. The Argentine ant has received relatively little attention in South Africa compared to other countries (e.g. California, North America). To date the extent of invasion by this species countrywide, as well as its impact on the local ant fauna inside protected areas, has not been quantified. In this study, the impact of the Argentine ant on native ant fauna inside three protected areas in the WCP (Helderberg Nature Reserve (HNR), Jonkershoek Nature Reserve (JNR) and Kogelberg Biosphere Reserve KBR)) was assessed. Species richness and diversity were compared between invaded and uninvaded bait stations at each protected area. Several native ant species were found to be displaced by the Argentine ant from all three protected areas, although three species: Meranoplus peringueyi, Monomorium sp. 8 and Tetramorium quadrispinosum, were found coexisting with it. Invaded bait stations had significantly lower ant species richness and species turnover than uninvaded bait stations. Uninvaded bait stations contained eight times more native ant species than invaded bait stations. Thus, the invasion of protected areas by the Argentine ant has severe negative consequences for the species richness and assemblage structure of native ants, leading to the biotic homogenization of these local ant communities. The distribution range of the Argentine ant inside the three protected areas (HNR, JNR, KBR), as well as microhabitat preferences that may facilitate the spread of this species inside these reserves, was also assessed. Helderberg Nature Reserve was the most invaded protected area, with the highest level of the Argentine ant occupancy, while JNR and KBR had lower occupancy levels. At all the three protected areas, this species was dominant at lower altitudinal areas, and also showed a clear preference for areas with high anthropogenic disturbances, i.e. around buildings and on lawns (picnic areas). In this study, there was no evidence that moisture availability facilitates the distribution and spread of the Argentine ant inside these reserves. Finally, a combination of published literature records, museum records and records collected in the current study was used to quantify the current distributional extent of the Argentine ant throughout urban South Africa. This is the first study quantifying the distribution and extent of invasion by the Argentine ant throughout the country. The Argentine ant was found in six of the nine South African Provinces, and its extent of occurrence includes approximately half of the country’s land surface area. Discontinuities in the distribution of the Argentine ant across the country revealed that range expansion of the Argentine ant in South Africa is occurring predominantly via human-mediated jump dispersal, rather than naturally via nest diffusion. This study clearly demonstrated that the Argentine ant is well established across South Africa as well as inside protected areas. The Argentine ant invasion was influenced by the presence of human modified landscapes (i.e. buildings) both at low and high altitude, and this was associated with higher rates of native ant species displacement at these areas. Therefore, limiting the development of recreational areas, such as buildings and picnic sites inside protected areas will result in the lower rate of spread of the Argentine ant. This will in turn lower the extent of displacement of native ant species.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Indringing deur die Argentynse mier (Linepithema humile Mayr) (Hymenoptera: Formicidae) is ‘n bron van groot kommer regoor die wêreld, as gevolg van sy vermoë om inheemse mier spesies en ander ongewerweldes te verplaas. Hierdie spesie is vir die eerste keer aangeteken in Suid-Afrika in 1901, in Stellenbosch, Weskaap Provinsie (WCP), en het ‘n belangrike pes geword in die meeste stedelike en landelike gebiede in die land. Die Argentynse mier het betreklik min aandag gekry in Suid-Afrika, in vergelyking met ander lande (bv. California, Noord Amerika). Tans is die omvang van die landwye indringing van hierdie spesie, sowel as sy impak op die plaaslike mier fauna binne beskermde areas, nog nie bepaal nie. In hierdie studie word die impak van die Argentynse mier op die inheemse mier fauna binne drie beskermde areas in die WCP (Helderberg Natuurreservaat (HNR), Jonkershoek Natuurreservaat (JNR) en Kogelberg Biosfeerreservaat (KBR)) bepaal. Spesierykheid en diversiteit was vergelyk tussen ingedringde en oningedringde lokaas stasies in elke beskermde area. Verskeie inheemse mier spesies was deur die Argentynse mier verplaas in al drie beskermde areas, alhoewel drie spesies: Meranoplus peringueyi, Monomorium sp. 8 en Tetramorium quadrispinosum het saam met dit voorgekom. Ingedringde lokaas stasies het beduidend laer mier spesierykheid en spesies omset gehad as oningedringde lokaas stasies. Dus, die indringing van beskermde areas deur die Argentynse mier het ernstige negatiewe gevolge vir die spesierykheid en gemeenskap struktuur van inheemse miere, wat lei tot die biotiese verarming van hierdie plaaslike mier gemeenskappe. Die verspreidingsarea van die Argentynse mier binne die drie beskermde areas (HNR, JNR, KBR), en die mikrohabitat voorkeure wat die verspreiding van die spesie binne hierdie reservate kan vergemaklik, was ook vasgestel. Helderberg Natuurreservaat was die mees ingedringde beskermde area, met die hoogste vlak van Argentynse mier besetting, terwyl JNR en KBR laer besettingsvlakke gehad het. By al drie die beskermde areas was hierdie spesie dominant by laer hoogtes bo seevlak en het ‘n duidelike voorkeur getoon vir areas met hoë menslike versteuring d.i. rondom geboue en op grasperke (piekniek areas). In hierdie studie was daar geen bewyse dat vog beskikbaarheid die voorkoms en verspreiding van die Argentynse mier binne die reservate vergemaklik nie. Ten slotte, ‘n kombinasie van gepubliseerde literatuur verslae, museum dokumente en verslae wat in hierdie studie versamel is, was gebruik om die huidige verspreidingsomvang van die Argentynse mier te bepaal. Dit is die eerste studie wat die verspreiding en omvang van indringing in stedelike Suid Afrika van die Argentynse mier dwarsdeur die land bepaal. Die Argentynse mier is gevind in ses van die nege provinsies in Suid-Afrika, en die omvang van sy voorkoms sluit bykans die helfte van die land se landoppervlaksarea in. Onderbrekings in die verspreiding van die Argentynse mier deur die land het blootgelê dat die uitbreiding van die voorkomsgebied van die Argentynse mier in Suid-Afrika hoofsaaklik gebeur deur mens bemiddelde verspreiding eerder as natuurlike nesverspreiding. Hierdie studie het duidelik gedemonstreer dat die Argentynse mier goed gevestig is regoor Suid-Afrika sowel as in beskermde areas. Die Argentynse mier indringing was beïnvloed deur mensgewysigde landskappe (d.i. geboue) by lae en hoë hoogtes bo seevlak, en dit was verwant aan hoër vlakke van verplasing van inheemse mier species in hierdie areas. Dus, die beperking van ontwikkeling van rekreasie areas, soos geboue en piekniekareas, in beskermde gebiede sal lei tot laer vlakke van verspreiding van die Argentynse mier. Dit sal, op sy beurt, die omvang van verplasing van die inheemse mier spesies verminder.
Description
Thesis (MScAgric)--University of Stellenbosch, 2007.
Keywords
Argentine ant -- South Africa, Biological invasions -- South Africa, Theses -- Conservation ecology and entomology, Dissertations -- Conservation ecology and entomology
Citation