C.G.S. de Villiers : wetenskaplike en kultuurmens
Date
2001
Authors
De Kock, J. M.
De Kock, C.
De Kock, J. C.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
AOSIS OpenJournals
Abstract
Professor C.G.S. de Villiers wat by almal bekend gestaan het as
“Dr. Con”, was vir sewe en dertig jaar professor in soölogie aan
die Universiteit van Stellenbosch. Hy was ’n besonderse persoon
en het ’n vormende invloed uitgeoefen op baie studente, veral
op sy soölogiestudente. Gedurende sy leeftyd was hy een van
die bekendste persoonlikhede aan die Universiteit. Hy sal deur
baie oudstudente onthou word vir sy lewensvreugde, aardse
humor, buitengewone musiekkennis, kennis van wêreldletterkunde
en vir sy mensekennis. Op sy vakgebied was hy
wêreldbekend.
Hy het ’n belangrike rol in die musieklewe op Stellenbosch
gespeel. Die jaarlikse studentesangfees het in 1945 hoofsaaklik
deur sy toedoen tot stand gekom. Talle van sy verwerkings en
vertalings van operakore, gewyde musiek en volksliedjies is vir
jare deur studentekore opgevoer.
Lank voordat die Universiteit ’n Dramadepartement gehad
het, het Dr. Con dramas uit Noorweegs, Italiaans en Duits in
Afrikaans vertaal en opgevoer. Hy het letterlik vir alles gesorg:
van die regie tot die grimering. Die welbekende Anna Neethling-
Pohl het in 1926 as jong toneelspeelster onder sy regie begin
optree.
As skrywer en vertaler het hy die Afrikaanse letterkunde
verryk. Hy het ’n buitengewone taalaanleg gehad. Naas
Afrikaans en Engels, het hy gemaklik gekommunikeer in Duits
(ook Switserse Duits), Italiaans en Noorweegs. Hy het ’n goeie
kennis van Frans gehad en kon homself ook in Spaans help.
Na sy aftrede het hy genealogiese navorsing oor die Swarten
De Villiers-families gedoen en daardeur ’n groot bydra tot
die Suid-Afrikaanse genealogie gemaak. In 1964 was hy ’n
stigterslid van die Suid-Afrikaanse Genealogiese Vereniging.
Description
The original publication is available at http://www.satnt.ac.za/
Keywords
C. G. S. de Villiers, De Villiers, C. G. S., 1894-1978, Zoologists -- South Africa
Citation
De Kock, J.M., De Kock, C. & De Kock, J. C. 2001. C.G.S. de Villiers: Wetenskaplike en kultuurmens. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 20(3-4), 117-120.