C.G.S. de Villiers : wetenskaplike en kultuurmens

Date
2001
Authors
De Kock, J. M.
De Kock, C.
De Kock, J. C.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
AOSIS OpenJournals
Abstract
Professor C.G.S. de Villiers wat by almal bekend gestaan het as “Dr. Con”, was vir sewe en dertig jaar professor in soölogie aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy was ’n besonderse persoon en het ’n vormende invloed uitgeoefen op baie studente, veral op sy soölogiestudente. Gedurende sy leeftyd was hy een van die bekendste persoonlikhede aan die Universiteit. Hy sal deur baie oudstudente onthou word vir sy lewensvreugde, aardse humor, buitengewone musiekkennis, kennis van wêreldletterkunde en vir sy mensekennis. Op sy vakgebied was hy wêreldbekend. Hy het ’n belangrike rol in die musieklewe op Stellenbosch gespeel. Die jaarlikse studentesangfees het in 1945 hoofsaaklik deur sy toedoen tot stand gekom. Talle van sy verwerkings en vertalings van operakore, gewyde musiek en volksliedjies is vir jare deur studentekore opgevoer. Lank voordat die Universiteit ’n Dramadepartement gehad het, het Dr. Con dramas uit Noorweegs, Italiaans en Duits in Afrikaans vertaal en opgevoer. Hy het letterlik vir alles gesorg: van die regie tot die grimering. Die welbekende Anna Neethling- Pohl het in 1926 as jong toneelspeelster onder sy regie begin optree. As skrywer en vertaler het hy die Afrikaanse letterkunde verryk. Hy het ’n buitengewone taalaanleg gehad. Naas Afrikaans en Engels, het hy gemaklik gekommunikeer in Duits (ook Switserse Duits), Italiaans en Noorweegs. Hy het ’n goeie kennis van Frans gehad en kon homself ook in Spaans help. Na sy aftrede het hy genealogiese navorsing oor die Swarten De Villiers-families gedoen en daardeur ’n groot bydra tot die Suid-Afrikaanse genealogie gemaak. In 1964 was hy ’n stigterslid van die Suid-Afrikaanse Genealogiese Vereniging.
Description
The original publication is available at http://www.satnt.ac.za/
Keywords
C. G. S. de Villiers, De Villiers, C. G. S., 1894-1978, Zoologists -- South Africa
Citation
De Kock, J.M., De Kock, C. & De Kock, J. C. 2001. C.G.S. de Villiers: Wetenskaplike en kultuurmens. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 20(3-4), 117-120.