Sellulêre biomerkerresponse as maatstaf van gevoeligheid van klipmossels (Mollusca) vir kadmiumbesoedeling
Date
2008-06
Authors
Reinecke, A. J.
Schoeman, W.
Reinecke, S. A.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
AOSIS OpenJournals
Abstract
Die bioakkumulasie van kadmium in tussengetyspesies kan stres veroorsaak wat op sellulêre vlak
meetbaar is. Verskeie klipmosselspesies kom volop op rotse aan die Suid-Afrikaanse kuslyn voor
en kan moontlik vir ekotokiskologiese monitering gebruik word. Die oogmerk van die studie was
om sensitiwiteitsdata te verkry wat kan bydrae tot die kies van ’n geskikte spesie vir monitering en
die uiteindelike daarstelling van ’n model vir spesie sensitiwiteitsverspreiding (SSV) wat ’n
biomerkerrespons as eindpunt gebruik. Die klipmossels Cymbula oculus, Scutellastra longicosta,
Cymbula granatina en Scutellastra granularis en watermonsters is in Valsbaai versamel. Analises
van kadmium in water en biologiese monsters is met behulp van atoomabsorpsiespektrofotometrie
uitgevoer. Blootstellings van organismes aan subletale vlakke van kadmium is uitgevoer in statiese
vloeitenks oor ’n periode van drie dae. Daar was ’n matige toename in liggaamskonsentrasies van
kadmium oor tyd. Resultate wat by drie blootstellingskonsentrasies gekry is, het geen betekenisvolle
verskille in metaalkonsentrasies tussen die verskillende C. oculus monsters uitgewys nie.
Betekenisvolle verskille tussen die kontrole en die blootstellingsgroepe vir elke individuele
blootstellingstyd is vir die spesie verkry behalwe tussen die kontrole en die 1mg/L CdCl2
blootstellingsgroep na 24 en 72 uur van blootstelling. Cd liggaamskonsentrasies (sagteweefsel)
het tussen 4.56 en 21.41μg/g (nat massa) gevarieer.
Gemiddelde Cd konsentrasies in sagteweefsel van S. longicosta was aansienlik laer (variërend
tussen 1.18 en 19.58 μg/g Cd ) as in weefsel van C. oculus. Die kontrolegroep van hierdie spesie
het betekenisvol verskil van die 0.8 en 1 mg/L CdCl2 blootstellings na 48 en 72 uur.
Gemiddelde Cd liggaamskonsentrasies in S. granularis was die hoogste van al die blootgestelde
spesies en het ’n vlak van 148 μg/g Cd by die hoogste blootstellingskonsentrasie bereik en het
betekenisvol verskil van die ander monsters se gemiddeldes met die uitsondering van die 0.8 mg/
L CdCl2 blootstellingsgroep by 72 uur en die 1 mg/L CdCl2 groep by 24 uur. Betekenisvolle verskille
is ook verkry vir die liggaamskonsentrasies van Cd van C. granatina tussen die drie verskillende
blootstellingskonsentrasies en drie blootstellingstye.
Integriteit van lisosoommembrane is bepaal met behulp van die neutraalrooi retensiemetode.
Drie van die vier spesies het ’n betekenisvolle afname in retentsietye getoon met ’n toename in Cd
konsentrasie. Tussenspesieverskille in gevoelighede vir omgewingsrelevante kadmiumkonsentrasies
is deur die biomerkerresponse uitgewys. Gebaseer op die verlaging in NRR tye, is
die volgorde van relatiewe gevoeligheid vir kadmium as volg: S. granularis > C. oculus> S.
longicosta.> C. granatina.
Description
The original publication is available at http://www.satnt.ac.za/
Keywords
Kadmium, Bioakkumulasie, Klipmosselspesies, Cymbula oculus, Scutellastra longicosta, Cymbula granatina, Atoomabsorpsiespektrofotometrie
Citation
Reinecke, A.J., Schoeman, W. and Reinecke, S.A. 2008. Sellulêre biomerkerresponse as maatstaf van gevoeligheid van klipmossels (Mollusca) vir kadmiumbesoedeling. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 27(2), 123-142.