Die einde van etiek in 'n wêreld van on-volhoubare ontwikkeling?

Date
2003-10
Authors
Hattingh, Johan P.
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Abstract
Vir ons doeleindes wil ek onvolhoubare ontwikkeling definieer as ontwikkeling waarin die behoeftes van die hede op so 'n manier bevredig word dat dit die vermoë ondermyn van toekomstige geslagte om hulle behoeftes te bevredig - om die welbekende definisie van die Brundtlandverslag om te keer. Maar onvolhoubare ontwikkeling moet eintlik nog nader omskryf word, want ons het daarmee reeds in die hede te make as die behoeftes van sommiges in die wêreld op so 'n manier bevredig word dat dit die vermoë van ander wat ook tans leef, ondermyn om hulle behoeftes te bevredig. 'n Tweede kwalifikasie wat hierby gevoeg moet word, is dat ons wêreld tans op so 'n manier georganiseer is, en dat ons tans die wetenskap en die tegnologie op so 'n manier gebruik, dat ons hierdie tendens van onvolhoubare ontwikkeling ondersteun en voortsit, eerder as om dit stuit. In die Brundtlandverslag word omgewingskwessies nie direk genoem in die definisie van volhoubare ontwikkeling nie, maar uit die res van die verslag is dit duidelik dat die ondermyning van die ekologiese basis vir ons behoeftebevrediging een van die maniere is om ontwikkeling onvolhoubaar te maak.
Description
13 A4 pages in pdf format. Include a bibliography.
Keywords
Ecology -- Moral and ethical aspects, Sustainable development -- Moral and ethical aspects, Ethics
Citation
Hattingh, J.P., 2003. Die einde van etiek in 'n wêreld van on-volhoubare ontwikkeling? Intreerede. Universiteit van Stellenbosch : Stellenbosch