An information technology governance framework for the public sector

Date
2011-12
Authors
Terblanche, Judith
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Information technology (IT) has an impact on the accomplishments of the entity (Kaselowski, 2008:83). Traditionally, public sector entities struggle to gain any value from the IT environment and regularly overspend on IT projects. In South Africa the Third King Report on Corporate Governance (King III) introduced ‘The governance of IT’ (IODSA, 2009) applicable to both private and public sector entities. Although generic IT frameworks such as ITIL and COBIT exist and are used by private and public entities to govern the IT environment, public sector entities require a specific IT governance framework suited to the unique characteristics and business processes of the public sector entity. Taking into account the unique nature of the public sector entity, the purpose of this study was to assist public sector entities in their IT governance efforts through the development of a framework to be used to govern IT effectively, since sufficient guidance for the public sector does not exist. Leopoldi (2005) specifically pointed out that a top-bottom framework could be limiting for entities operating in a diverse field and having complicated organisational structures, both characteristics integral to the public sector environment. Since a topbottom and a bottom-top approach fulfil different purposes, both are needed for IT governance in the public sector entity. By combining the two approaches and focusing on the unique environment of the public sector entity, a governance framework can be established. This will ensure that insight has been gained into the IT environment and the business processes and that true alignment between the business and the IT environment for the public sector entity has been achieved. This framework developed will assist the public sector entity in governing the IT environment unique to this industry and will equip public sector management with a framework to govern IT more effectively, while under pressure of public scrutiny.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Informasietegnologie (IT) het 'n impak op die prestasies van 'n entiteit (Kaselowski, 2008:83). Openbare sektor entiteite sukkel tradisioneel om enige voordeel uit die IT-omgewing te behaal en oorspandeer gereeld op IT-projekte. Die Derde King Verslag oor Korporatiewe Beheer (King III) het beheerbeginsels vir IT omskryf wat vir beide die private en openbare sektor entiteite in die Suid-Afrikaanse konteks toepaslik is (IODSA, 2009). Alhoewel generiese IT raamwerke, soos ITIL en COBIT, deur beide private en openbare sektor entiteite gebruik word om die IT-omgewing te beheer, benodig openbare sektor entiteite 'n toepaslike IT-beheerraamwerk wat die unieke eienskappe en besigheidsprosesse van die openbare sektor entiteit ondersteun. Die fokus van hierdie navorsing was gerig op die identifisering van ’n IT-beheerraamwerk vir die openbare sektor, om openbare sektor entiteite te ondersteun in die beheer van IT. Aangesien die aard van ’n openbare sektor entiteit verskil van dié van ’n private sektor entiteit, moet die beheer wat toegepas word ook verskillend van aard wees en geen toepaslike riglyne vir die openbare sektor is tans beskikbaar nie. Entiteite wat in 'n diverse omgewing bedryf word en aan 'n komplekse organisatoriese struktuur blootgestel is, mag moontlik deur gebruik te maak van 'n top-bodem beheerraamwerk beperk word (Leopoldi, 2005). Beide hierdie eienskappe is integraal tot openbare sektor entiteite. 'n Top-bodem en bodem-top beheerraamwerk vervul verskillende funksies en in die openbare sektor is beide aanslae noodsaaklik vir die beheer van IT. Deur gebruik te maak van ’n gekombineerde aanslag en op die unieke eienskappe verwant aan die openbare sektor entiteite te fokus, kan effektiewe beheerraamwerk ontwikkel word. Dit sal verseker dat insig in die IT-omgewing en die besigheidsprosesse verkry is en dat belyning tussen die besigheid en die IT-omgewing vir die openbare sektor bereik is. Die beheerraamwerk wat ontwikkel is sal die openbare sektor entiteit ondersteun om die IT omgewing, uniek aan die sektor, doeltreffend te beheer. Die openbare sektor is blootgestel aan skrutinering en bestuur sal nou toegerus wees met 'n beheerraamwerk om die IT omgewing meer effektief te bestuur.
Description
Thesis (MComm)--Stellenbosch University, 2011.
Keywords
IPublic sector information technology governance -- South Africa, Dissertations -- Accountancy, Theses -- Accountancy, Dissertations -- Computer auditing, Theses -- Computer auditing
Citation