Luke and Yoder : an intertextual reading of the third gospel in the name of Christian politics

Date
2011-12
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : Stellenbosch University
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: Critical New Testament study has drawn on analytical techniques and interrogatory methods from a wide range of disciplines. In recent decades the dominance of historical and ecclesiologicallylocated approaches have been challenged by insights from literary, sociological, anthropological, cultural and ideological scholarship. These challenges have proved fruitful and opened biblical scholarship to new and generative interpretation. This plurality of interpretation has in turn challenged the reductionism of biblical scholarship, leading to the now common acknowledgement that a particular reading or reconstruction is but one of many. Unfortunately many new readings have been too tightly bound to a single method or insight. The broad interaction between these readings has been often overlooked. In contrast to this trend an epistemology of text emerging from the poststructural notion of intertextuality allows the construction of links between a range of interpretive methods. Intertextuality emerges from literary and cultural theory but spills over to make hermeneutical connections with historical, cultural and ideological theory. For the most part New Testament scholars who have appropriated the term have noted this but not thoroughly explored it. In this study an ideologically-declared overtly intertextual approach to the third canonical gospel demonstrates the interlinking hermeneutic allowed by intertextuality. John Howard Yoder's reading of the gospel of Luke underscores the development of a Christian social-ethic. This reading in turn forms the framework for the more overtly intertextual reading offered here. An intertextual reading of the New Testament Scriptures is both narratively generative and politically directive for many Christian communities.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Kritiese Nuwe Testamentiese studies het in die verlede gebruik gemaak van analitiese tegnieke en ondervraende metodes uit ‘n wye verskeidenheid van dissiplines. Meer onlangs is die oorheersing van historiese en kerklik-gerigte benaderings uitgedaag deur insigte vanuit letterkundige, sosiologiese, antropologiese, kulturele en ideologiese dissiplines. Hierdie uitdagings het vrugbaar geblyk en het Bybelse vakkennis toeganklik gemaak vir nuwe en produktiewe interpretasies. Hierdie meervoudige interpretasies het op hul beurt weer die reduksionisme in Bybelse geleerdheid uitgedaag, wat aanleiding gegee het tot die nou algemene erkenning dat ‘n bepaalde vertolking of rekonstruksie slegs een van vele is. Die breë wisselwerking tussen sulke vertolkings word dikwels misgekyk. In teenstelling met hierdie neiging, laat ‘n epistemologie van die teks wat te voorskyn kom uit ‘n poststrukturele begrip van intertekstualiteit toe dat verbande gekonstrueer word word tussen ‘n verskeidenheid van vertolkingsmetodes. Intertekstualiteit spruit voort uit literêre en kulturele teorie, maar vorm ook hermeneutiese skakels met historiese, kulturele en ideologie kritiek. Die meeste Nuwe Testamentici wat gebruik gemaak het van hierdie term, het kennis geneem van sulke verbande, maar dit nie altyd volledig verreken nie. In hierdie studie demonstreer ‘n ideologies-verklaarde, openlik intertekstuele benadering tot die derde kanonieke evangelie die gekoppelde hermeneutiek wat toegelaat word deur intertekstualiteit. John Howard Yoder se vertolking van die Evangelie van Lukas plaas klem op die ontwikkeling van ‘n Christelike sosiale etiek. Hierdie interpretasie vorm op sy beurt weer die raamwerk vir die meer openlik intertekstuele vertolking wat hier aangebied word. ‘n Intertekstuele interpretasie van die Nuwe Testamentiese geskrifte is beide verhalend produktief asook polities rigtinggewend vir talle Christelike gemeenskappe.
Description
Thesis (MTh)--Stellenbosch University, 2011.
Keywords
Interpretation, Dissertations -- New Testament, Theses -- New Testament, Yoder, John Howard, Bible. Luke -- Criticism, interpretation, etc.
Citation