Reading rubbish: pre-apartheid to post-apartheid South African kitsch

Date
2009-12
Authors
Potgieter, Carla
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: This thesis is concerned with kitsch as cultural phenomena, which it will approach as a specific ‘aspect’, or ‘product’ of modernity. In doing so, this thesis aims to interrogate the notion of modernity, through an analysis of kitsch. In the first place, modernity can be thought as a collection of progressive material changes, usually associated with the onset of the industrial revolution. In this sense, it is easy to establish kitsch as a typical product of modernity, as the latter literally provided the objective conditions of possibility for the production of cheap, easily reproducible industrial goods, with which kitsch is often associated. In the second place, more than a set of material changes however, modernity also entailed a concomitant series of cultural values, the rational, scientific worldview associated with the onset of the Enlightenment. The thesis will therefore also consider how kitsch can be regarded as a direct expression of these values, in as much as the characteristic falseness and conformity of kitsch might be seen as a typical product of this rational, utilitarian worldview. In the third place, modernity also refers to the combined effect of these material conditions and cultural values. Kitsch will be considered, then, also in relation to this ‘life-world’. Importantly, the thesis seeks to demonstrate how the inherent contradictions of modernity become particularly apparent in kitsch. The connection between colonialism and the Enlightenment is nothing new. Indeed, the colonial project was driven by the notion that the West was responsible for the “modernization” and “upliftment” of the rest of the world. However, the idea of modernity as a universal, ideologically neutral concept is deeply problematic. Indeed, this can also be considered as one of the contradictions inherent in modernity. By looking at South African kitsch, this thesis will examine the possibility that, as a typical product of modernity produced in a local context, it can reveal much about the manifestations or ‘trajectory’ of modernity outside the metropolitan centres, where it is usually located. This will be explored by examining, on the one hand, the local ‘trajectory’ of the discourse of modernity, and, secondly, to the place assigned to people within the creation of these local modernities
AFRIKAANSE OPSOMMING: Die onderwerp van hierdie tesis is kitsch as ’n kulturele verskynsel, wat dit as volg benader. Eerstens word daar gevra of dit moontlik is om kitsch as een van die mees tipiese ‘produkte’ van moderniteit te beskou. Die bogenoemde vraagstelling maak dit dus moontlik om moderniteit te ondersoek deur ‘n analise van kitsch. In hierdie tesis, word moderniteit as volg benader: ten eerste, die materiële veranderings in terme van die produksie proses wat gewoonlik met die industriële revolusie geassosieer word; en tweedens, die rasionele, wetenskaplike, kommersiële en utilitêre lewensbeskouing ingelei deur die ‘Verligting’ (of sogenaamde Enlightenment) in die sewentiende eeu. Meer as net ’n versameling fisiese en filosofiese omwentelings, verwys moderniteit egter ook ten derdens na die gekombineerde impak van die bogenoemde in terme van die effek van tegnologie op kultuur, en hoe dit die menslike ‘leefwêreld’ betekenisvol beïnvloed en vervorm. Die bogenoemde skep dus ‘n raamwerk waarbinne kitsch benader kan word. Ten eerste is dit maklik om ‘n verband tussen kitsch en tegnologiese ontwikkelinge, wat dit moontlik maak om vinnige reproduksies van ‘n lae gehalte te vervaardig, te trek. Maar soos beskou vanuit ‘n meer filosofiese perspektief, kan die valsheid en patroonmatigheid van kitsch teruggetrek word na rasioneel utilitaristies wêreldbeskouing van die ‘Verligting’, wat deur die neig na abstrakte, universele waarhede, dikwels vervlakking lei en ook spesifieke etiese gevolge het. Derdens, wanneer daar na die impak van modernisasie op die leefwêreld gekyk word, sal faktore soos die opkoms van die middelklas en sekularisasie ook in ag geneem word. Deur die bogenoemde te ondersoek, sal daar dan ook gedemonstreer word dat die teenstrydighede wat noodwendig deel vorm van die konsep van moderniteit self, in kitsch duidelik sigbaar word, juis in die manier hoe kitsch hierdie teenstrydighede probeer verberg. Díe drie areas dan in ag geneem, is dit verder nodig om ‘n vierde definisie in te sluit om die ondersoek van moderniteit, soos dit in hierdie tesis benader word, te verdiep. Die idee dat kolonialisme en moderniteit ten diepste verbind is, is niks nuuts nie. Die gedagte dat die Weste juis die onontwikkelde kolonies moes “ophef” en “moderniseer” was inderdaad dikwels die ideologiese beweegrede vir die koloniale projek. Maar by nadere ondersoek blyk dit onwaarskynlik dat moderniteit bloot ‘n ideologies neutrale konsep is, wat oral eenvormige resultate sou behaal. Inderdaad, laasgenoemde kan ook as een van hierdie sogenaamde “teenstrydighede” inherent tot die konsep van moderniteit beskou word. Dus, deur na kitsch te kyk wat spesifiek in ‘n Suid-Afrikaanse konteks ontstaan het, wil hierdie tesis ook die moontlik ondersoek dat plaaslike kitsch (as tipiese produk van moderniteit) ons iets meer kan vertel oor die spesifieke verloop en gevolge van hierdie sogenaamde “projek van moderniteit” binne ‘n plaaslike konteks. Dit sal gedoen word deur die volgende twee vraagstukke aan te spreek, aan die hand van plaaslike vorme van kitsch. Eerstens sal daar aandag aan die spesifieke “verloop” en manifestasies van die diskoers van moderniteit in ‘n plaaslike konteks ondersoek word. Tweedens, gaan hierdie tesis ook aandag gee aan die spesifieke plek wat aan verskillende groepe mense binne hierdie plaaslike vorme van moderniteit toegeken word. So ‘n ondersoek sal dan op die plaaslike manifestasies van moderniteit konsentreer, om die aanname dat moderniteit oral eenvormige resultate en vooruitgang sou bereik, ongeldig te verklaar. Die idee van “moderniteit” as universele en eenvormige konsep breek dus letterlik uit mekaar, soos dit met die idee van geografiese spesifieke weergawes van moderniteit gekonfronteer word.
Description
Thesis (MA (English Studies)--University of Stellenbosch, 2009.
Keywords
Geomodernities, Boerekitsch, Rainbow romanticism, Modernity, Dissertations -- English literature, Theses -- English literature, Dissertations -- English studies, Theses -- English studies
Citation