Putting indigenous knowledge on the science policy agenda in South Africa, 1994-2002

Date
2011-10
Journal Title
Journal ISSN
Volume Title
Publisher
Stellenbosch : University of Stellenbosch
Abstract
ENGLISH ABSTRACT: The study focuses on tracking the developments accompanying the rise of indigenous knowledge (IK) and its positioning on the science policy and national research agenda in South Africa (SA). The historical occasion, the variety of policy developments in a diverse ‘new’ SA and how IK evolved, presented the impetus and context of the study. The objectives of the study were to consider more closely the roles and actions of the participants in the overall process, how they interacted and to identify broad patterns that occurred. Other areas included positioning IK as strategic science and how it was refracted through the national research system. To achieve these objectives, a significant part of the methodology involved a historical reconstruction of developments in IK. The data obtained from this reconstruction provided the basis for further analysis and closer scrutiny of the issues. Reconstructing the history assisted with providing some answers regarding the sources of concern and motivation which led to formulating policy on IK, the processes that advanced IK to its position in 2002, looking at how the various players in the research system were mobilized and how the prelegislative stage of activity determined the outcome of the IK legislative process. In addition to these questions, there was an opportunity to consider Wally’s Serote’s role as ‘moral entrepreneur and to try to understand both his personal trajectory and the role he played in the system. The historical reconstruction provided a periodization comprising three chronological phases, namely • Genesis (1994 – 1996) • Awareness Creation (1997 – 1998) • Programmes and Implementation (1999 – 2002) New policy directions in SA provided a context for positioning IK within strategic science. The leadership and passion displayed by Serote also required an understanding of his personal trajectory and the role he played in the system. IK as strategic science is positioned within framework of the moral entrepreneur’s cycle in a changing system. The historical reconstruction raised the issue of how easy or difficult it is to embed processes and how these processes co-evolve in the system. It also showed how IK was refracted through the national research system. The broad ‘success’ of the IK initiative is discussed with respect to its legislative and policy journey in SA and its current position in the research system. The ‘lesser successful’ side is also discussed in terms of the intended objectives and the eventual outcomes. Protecting IK, a central issue throughout the process, led to struggles and tensions that required rethinking both the policy and epistemic aspects of both western science and IK.
AFRIKAANSE OPSOMMING: Hierdie studie fokus daarop om dié ontwikkelinge te volg wat deel was van die opkoms van inheemse kennis (IK) en die posisionering daarvan op die agenda vir wetenskapsbeleid en nasionale navorsing in Suid-Afrika (SA). Die historiese gebeurlikhede, die verskeidenheid in beleidsontwikkelinge in 'n diverse "nuwe" SA en die manier waarop IK ontwikkel het, het die stukrag en die konteks vir hierdie studie verskaf. Die doelwitte van die studie was as volg: om die rolle en die aksies van die deelnemers aan die proses as geheel in meer detail te oorweeg; om hulle interaksie waar te neem en om die breë aksiepatrone te identifiseer. Ander ondersoekareas was om IK as strategiese wetenskap te posisioneer en om vas te stel hoe dit deur middel van die nasionale navorsingstelsel gerefrakteer is. Om hierdie doelwitte te kan bereik, het 'n belangrike deel van die metodologie die historiese rekonstruksie van ontwikkelinge in IK behels. Die data wat deur middel van hierdie rekonstruksie verkry is, het die basis voorsien vir die verdere analise en nadere beskouing van die relevante kwessies. Deur die geskiedenis te rekonstrueer kon sommige van die vrae oor die volgende beantwoord word: die oorsprong van sake wat kommer gewek het en die motivering wat gelei het tot die formulering van beleid oor IK; die prosesse wat IK tot die posisie daarvan in 2002 bevorder het deur te kyk hoe die onderskeie rolspelers in die navorsingstelsel gemobiliseer is; en hoe die pre-wetgewende fase van aktiwiteite die uitkoms van die IK-wetgewende proses bepaal het. Bo en behalwe die beantwoording van hierdie vrae, kon Serote se rol as morele entrepreneur ook ondersoek word om sodoende beide sy persoonlike trajektorie en die rol wat hy in die stelsel gespeel het te probeer verstaan. Die historiese rekonstruksie het 'n periodisering, bestaande uit drie chronologiese fases, verskaf, naamlik 􀂃������� Genesis (1994 – 1996) 􀂃������� Skepping van 'n Bewussyn (1997 – 1998) 􀂃������� Programme en Implementering (1999 – 2002) Nuwe beleidsrigtings in Suid-Afrika het 'n konteks verskaf vir die posisionering van IK binne die strategiese wetenskap. Die leierskap en passie wat Serote geopenbaar het, het ook begrip vir sy persoonlike trajektorie en die rol wat hy in die stelsel gespeel het, gevra. IK as 'n strategiese wetenskap is geposisioneer binne-in die raamwerk van die morele entrepreneur se siklus in 'n veranderende stelsel. Die historiese rekonstruksie het die kwessie geopper van hoe maklik of hoe moeilik dit is om prosesse in te bed, en hoe hierdie prosesse saam in die stelsel ontwikkel. Dit het ook gewys hoe IK deur middel van die nasionale navorsingstelsel gerefrakteer is. Die breë "sukses" van die IK-inisiatief word bespreek met betrekking tot die pad wat dit geloop het in die wetgewende en die beleidsvormende proses in Suid-Afrika en die huidige posisie daarvan in die navorsingstelsel. Die "minder suksesvolle" kant word ook bespreek met betrekking tot die vooropgestelde doelwitte en die uiteindelike uitkomste. Die beskerming van IK, 'n sentrale kwessie regdeur die proses, het gelei tot worstelinge en spanninge wat vereis het dat die beleids- én die epistemiese aspekte van beide die westerse wetenskap en IK herbedink moes word.
Description
Thesis (MPhil)--University of Stellenbosch, 2005.
Keywords
Science and state -- South Africa, Indigenous knowledge, Theses -- Science and technology studies, Dissertations -- Science and technology studies, Theses -- Sociology, Dissertations -- Sociology
Citation